Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Die Heuwels Fantasties se liedjies ‘herverbeel’, nuwe enkelsnit sien die lig

Redaksiespan8 Desember 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Schalk Hanekom

Met Herverbeel pak Die Heuwels Fantasties nuwe verwerkings en akoestiese weergawes van hul treffers, sowel as unieke samewerkings met verskeie kunstenaars aan. Die idee was om met ’n ander perspektief te kyk na bestaande Heuwels songs. Gunsteling-treffers word op hul kop gedraai met verfrissende produksie-style. Tresor, Tarryn Lamb, Laudo Liebenberg, Ampie, Die Krefies, Loki en Margot Rothman en 19-jarige Chxrl is van die bekende kunstenaars wat op die album saam met Die Heuwels verskyn.

Daar is selfs ook ’n splinternuwe liedjie Hardloop Weg. Pierre Greeff sê dat hulle nie kan wag vir mense om hierdie nuwe tune te hoor nie. Hy vertel dat hy Hardloop Weg een oggend 03:00 op sy selfoon geskryf het. “Die skepping daarvan het gevoel soos ’n letterlike, onwillekeurige uitvloeisel. Ek en Fred het daarna die lied eintlik baie gou aanmekaar gesit. Deur die jare kon ek op my een hand tel wanneer die skryf-proses so maklik gebeur het en gewoonlik is daai nommers nogal spesiaal. Dit voel ook, bygesê, soos ’n lied vir hierdie tyd waarin ons nou leef. Hoop mense voel hom ook.”

Hunter Kennedy vertel: “Om ons liedjies te ‘herverbeel’ was ’n great manier om weer ’n kalklig op ou songs te skyn. Ons het vroeër die jaar ’n vollengte album (2021) uitgereik en in die middel van die jaar was daar die ‘Live in Lockdown’ album van ons livestream CD launch in Mei. Ons het natuurlik nie tydens die inperking getoer nie en dit het dus soos die perfekte tyd gevoel om Herverbeel aan te pak. Dit was vir my ’n redelike maklike proses, want die lirieke is darem alreeds geskryf. Ek is opgewonde oor baie van die collabs. Die verskillende vervaardigers het mooi gemaak om die liedjies soos nuwe songs te laat klink. Dit was vir my nogal bucket list stuff om die kans te kry om saam met Tresor te werk. Margot se Mej Sonneblom is uitstekend. TeeJ het weereens ’n great job gedoen, Ampie en Murray Lubbe se weergawe van ‘Ons Moet Leef’ voel soos ’n ou classic, maar ook heeltemal anders – om maar net ’n paar te noem.  Almal wat saamgewerk het op die album het uitmuntunde werk gelewer.”

Hardloop Weg word op Vrydag 4 Desember uitgereik en die Herverbeel sal vanaf 11 Desember op digitale platforms beskikbaar wees. Daar is ook ’n video van Hardloop Weg wat saam met die enkelsnit uitgereik gaan word. DHF was baie beïndruk met Hugo Brand, die DOP wat aan die video van Mejuffrou Sonneblom gewerk het. Brand het vir Hardloop Weg in die regisseur-stoel geklim en die video in twee dae saam met die band geskiet. Die aktrise Rolanda Marais speel ook in die video.

Kyk die musiekvideo hier:

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.