Katinka die Kat bring ‘sass’ na die Afrikaanse musiektoneel

FOTO: Verskaf

Die sosiale vlinder en sakevrou, Katinka Oosthuizen – beter bekend as Katinka die Kat – betree eersdaags die Afrikaanse musiekbedryf.

Haar eerste solo-enkelsnit The Sass word eersdaags vrygestel en beloof om die treffer van die jaar te wees. Die snit som Katinka netjies op: vol energie, sassiness en kreatiewiteit.

Die snit volg kort in die voetspore van haar snit saam met Synth Peter.

“Die Suid-Afrikaanse musiekbedryf is honger vir ’n vroulike kunstenaar in die elektroniese-pop genre. Dis ’n mark wat deesdae deur manlike kunstenaars oorheers word,” het Hendrik Spangenberg, bemarkingspesialis van Select Musiek gesê.

The Sass sal aanhangers aanhits om te glo dat hulle ‘sassiness’ in hul het. Hierdie vakansie-treffer sal ook Katinka se gevestigde aanhangers aangenaam verras en sorg vir ’n hele aantal nuwe aanhangers. Die unieke internasionale klank produksie sal van die treffer een maak wat vir lank nog in jou kop sal vassteek…

En dan is daar nog ’n musiekvideo ook op pad…

  • The Sass is vanaf Vrydag, 27 November op alle digitale musiekplatforms beskikbaar.