Die Kontrak 2: Wees só #demisekeuse

Wie sou ooit kon raai dat dit reeds twee jaar terug is toe Demi Lee Moore as wenner van die eerste seisoen van Die Kontrak aangekondig is en met haar treffer Mis Eet Slaap Herhaal die Afrikaans is Groot-verhoog vir die eerste keer betree het.

Nou is dit jóú kans om in Demi Lee se voetspore te volg want die tweede seisoen is hier. En wie weet, dalk is jy Demi se keuse?

Is jy gereed om jou lewe onheroeplik te verander? Maak dan só:

  • Vind Demi Lee Moore se nuwe enkelsnit Maak my jou Tequila op Apple Music.
  • Neem ’n video van jou eie weergawe daarvan op.
  • Laai dit dan op Facebook, Instagram of TikTok en tag vir Demi Lee in jou plasing.
  • Maak gebruik van die hutsmerke #demisekeuse en #diekontrak2 wanneer jy jou video laai.

Die twee finaliste sal einde Januarie aangekondig word en die wat nie gekies is nie sal steeds kan inskryf vir die vier mentors wat elk ses deelnemers vir die top-26 gaan kies.

Kyk die video hier: