FOTO: Verskaf
Wou jy nog altyd wêreldwyd in die kalklig wees? Nou is dit jou kans! LimeLight Celebrity Profile Label bied ’n oorspronklike talent soektog aan.
Hierdie ongelooflike talent soektog se konsep is ’n eerste vir Suid-Afrika en die wêreld, en word alles gedoen deur middel van ’n slimfoontoepassing.
Met 22 miljoen slimfoon gebruikers in Suid-Afrika en 3.5 biljoen wêreldwyd, vind hierdie kompetisie op ’n slimfoontoepassing plaas en sal slegs die top-10 by ’n finale lewendige geleentheid in Kaapstad optree.
Dit is so eenvoudig soos dit: Koop die toepassing op jou slimfoon, registreer, skryf in en stem! Alles is so maklik en kan letterlik vanaf die gemak van jou sitkamer se rusbank gedoen word. Dus hoef jy nêrens heen te vlieg, in rye aan te tree en te wag om voor beoordelaars op te tree nie!
Die rede vir hierdie oorspronklike talent kompetisie is om nuwe liedjieskrywers en oorspronklike vokale kunstenaars te ontgin.
Inskrywings vir Suid-Afrikaanse deelnemers: 13 tot 18 jaar oud. Inskrywings vir die wêreldwye soektoeg: 13 jaar en ouer.
Inskrywings in hierdie oorspronklike stem talent kompetisie moet bestaan uit ’n oorspronklike liedjie en ander kunstenaars se liedjies mag nie gedek word nie.
Dié grootste en eerste slimfoon talent soektog kompetisie vind werklik uitsluitlik plaas deur middel van die toepassing waarop jy inskryf en stem vir jou gunsteling.
Aktiverings by Suid-Afrikaanse skole word beplan en beide finale, Suid-Afrikaans en wêreldwyd sal in Kaapstad, tydens glans geleenthede plaasvind.
Vir meer inligting oor die Suid-Afrikaanse talent soektog wat binnekort vrygestel word, volg LimeLight Celebrity Profile Label op Facebook, Instagram en TikTok. Belangstellendes kan ook hulle e-pos adresse op www.limelightww.com los.
Inskrywings vir die Suid-Afrikaanse been open op 1 Januarie 2021 en kort daarna word die wêreldwye komponent oopgestel op 1 Maart 2021.
- Groot pryse is op die spel, onder andere ’n kontrak van LimeLight Celebrity Profile Label.
- Met trots ondersteun deur InsideMan Digital Media, Inkhaus Media en Embrace The Brand Media.