Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Chanté Retief ondersoek die vier seisoen van liefde in nuwe enkelsnit

Redaksiespan23 November 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Die opgewekte, voetstamplekker wysie en vrolike lirieke van die sangeres Chanté Retief se nuwe liedjie, Seisoene, gaan beslis binnekort ’n gunsteling wees op al wat ’n partytjie en dansvloer is. Hierdie enkelsnit is pas vrygestel en reeds beskikbaar op alle digitale platforms.

Seisoene is ’n spanpoging deur Chanté, Sean Butler, Marli Mulder (Sky Ocean) en Lumar Kirsten en gaan oor hoe jy deur al vier seisoene van die liefde nogsteeds kies om vir jou maat lief te wees.

“Dis altyd lekker om musiek te skryf uit jou eie ervaring uit en hierdie enkelsnit is presies dit. Daai vlinders-in-jou-maag tipe liefde en die rustigheid wat jy ervaar wanneer jy weet dat jy die één ontmoet het. Die wete dat jy net jouself kan wees en dat die persoon by jou gaan bly, want dit maak nie saak hoeveel klippe die lewe na jou kant toe gooi nie… julle liefde sal altyd wen. Ek is geseënd om te sê dat ek hierdie tipe liefde gevind het,” vertel Chanté oor haar tweede Afrikaanse enkelsnit wat spog met ’n goedvoel pop-aanslag. “Seisoene is die tipe liedjie wat jy kliphard in die kar of stort kan sing; wat jou voete laat jeuk en jou hart warm maak. Dis wat liefde en hierdie liedjie se boodskap is.”

Haar nuutste vrystelling volg in die suksesvolle voetspore van haar debuut-enkelsnit, Tragedie, wat aan die begin van 2020 uitgereik en baie goed ontvang is.

Hierdie lewenslustige donkerkop kom van Pretoria af en neem al van jongs af sanglesse. “Ek sing al vandat ek ses is. Musiek is iets waarvoor ek nog altyd ’n liefde het en ek het op skool elke geleentheid aangegryp wat ek kon kry. Sedertdien het ek al baie verskeie funksies en feeste opgetree en was ek ook al deel van Rockwood se produksies. Ek het nog altyd gedroom daarvan om my eie musiek vry te stel en hierdie is net die begin,” gesels die kunstenaar, wat deesdae self ook ’n sangafrigter is en haar eie tak van Studio Cha in Centurion besit. “Ek geniet elke oomblik daarvan om ander se talente te ontwikkel en hulle as kunstenaars te sien groei. Al het 2020 nie presies uitgedraai soos wat ek gedink het nie, is dit nogsteeds vir my ’n hoogtepunt-jaar met nie een nie, maar twee enkelsnitvrystellings.” 

Chanté het groot bewondering vir moderne Country-kunstenaars soos Lady Antebellum en Kelsea Ballerini en put hoofsaaklik inspirasie vir haar musiek uit heer eie emosies en ervarings. In die toekoms sou die sangeres ook nog graag saam met Riana Nel wou werk as sy ooit die kans sou kry.

Sy verklap dat sy glad mal is daaroor om kreatief te wees en dat sy graag ’n partytjiebeplanner of ’n binnehuiseversierder sou wou wees as sy ’n ander loopbaan moes kies. Tans is sy hard besig om nuwe musiek te skryf en optredes vir die volgende paar maande te beplan.

Die musiekberyf het vir Chanté geleer om groot te droom en nie ander se opinies kop toe te vat nie. Sy glo dat musiek eerlik moet wees en uit die hart uit moet kom en Seisoene is die perfekte voorbeeld van wat sy graag met luisteraars wil deel.

“Dis snaaks hoe die lewe werk. ’n Tragedie kan jou lei tot waar jy moet wees. Alles gebeur vir ’n rede. Seisoene is vir my baie spesiaal, want dit wys hoe baie ek gegroei het as mens en kunstenaar. Dit is ook ’n getuigskrif dat jy wel ook jou gelukkige einde kan hê,” sluit sy af.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.