Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Die ‘krag van liefde’ uitgebeeld in Gerduan Kemp se nuwe musiekvideo

Redaksiespan19 November 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Skaars ’n maand nadat sy nuwe enkelsnit, Sesde Sintuig, musiekliefhebbers kom beïndruk het en op die trefferparades van radiostasies landwyd pryk, is Gerduan Kemp van Bloemfontein terug in die kollig met die vrystelling van dié liedjie se hoendervleismooi musiekvideo wat die krag van ware liefde uitbeeld. 

Volgens die kunstenaar, met sy kenmerkende diep stem, is die musiekvideo ’n tentoonstelling van hoe liefde ’n mens altyd uit ’n donker plek in jou lewe kan red en alles ten goede kan verander. 

“Met hierdie video beeld ek die verskil uit wat liefde in ’n mens se lewe kan maak. Ons gebruik die kontras tussen die donker ondergrondse parkeerarea en die kleurvolle natuur om aan hierdie konsep lewe te gee,” verduidelik hy. 

“’n Mens vind dit soms moeilik om van die verlede te vergeet, maar ons wys hier dat dit gedoen kan word met ’n bietjie oortuiging deur die regte persoon. Hierdie storielyn word vertel deur ’n danser – Celia Beyleveldt – wat die heeltyd rondom my beweeg, maar ek is glad nie bewus van haar nie. Elke keer wat sy aan my vat, is ek op ’n ander plek.” 

Die video is vervaardig deur Christian Wolf van BrickWolf Creatives en is verfilm in Atterbury Value Mart se ondergrondse parkeerarea en in ’n groot veld met ’n aangrensende woud in Irene. Dit sluit perfek aan by die oorspronklike tema van die liedjie wat deur Johan Oberholzer geskryf is.

“Sesde Sintuig vertel hoe liefde jou soms van die werklikheid kan laat vergeet. Liefde het ook die krag om ’n mens te laat vergeet van die hartseer in die verlede. In die liedjie verwys dit na hoe jou sesde sintuig (liefde) eintlik al is wat jy nodig het,” verduidelik die sanger, oor dié treffer wat reeds op verskeie groot radiostasies regoor die land gehoor kan word. 

LEES OOK: Gerduan Kemp se nuwe enkelsnit vier die opwinding van verlief wees!

“Liefde is iets wat elke persoon iewers in hulle lewe ervaar en hierdie liedjie beskryf daardie gevoel van liefde wat ons soms sukkel om in woorde te sit. Daar is soveel liedjies daar buite wat handel oor die liefde, maar ek dink dat mense juis van hierdie een gaan hou omdat dit ’n nuwe invalshoek gebruik om liefde, en die gevoel daarvan, te beskryf.” 

Sesde Sintuig wys aan die publiek en luisteraars presies wat hulle van die volgende hoofstuk van sy loopbaan kan verwag.  Gerduan het reeds die kuns vervolmaak om met musiekharte te praat en daar is beslis ’n baie belowende toekoms vir hom in die plaaslike musiekbedryf. 

Kyk die musiekvideo eksklusief hier:

  • Die liedjie is beskikbaar op alle digitale platforms soos Spotify, Apple Music, Deezer en YouTube Music.      
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.