Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Jan Rhaap en Bok Radio/TV se Le-Lue snoer kragte

Redaksiespan18 November 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Voordat ons die jaar groet gaan Jan Rhaap, oftewel Werner Burger, en die geliefde Le-Lue van Bok Radio/TV, seker maak dat hulle almal verras met die vrystelling van die allermooiste liefdes-duet, Adrenalien. Die liedjie is geskryf deur Juan Boucher en Jan Rhaap en dit is ’n liefdesliedjie vir daardie spesiale persoon in jou lewe vir wie jy enige iets sal doen.

“Daardie persoon is soos Adrenalien in jou are en sonder hom of haar voel dit of jy nie kan asemhaal nie.  Ek het baie aan my vrou en seuntjie gedink toe ek die lirieke geskryf het en soms wens ek dat ek die wêreld kan sien deur my seuntjie se oë,” sê Jan Rhaap.

Oor Adrenalien sê Le-Lue: “Dit is daardie opwindende gevoel wat jy in jou maag kry voor iets groots met jou gaan gebeur.  Jou mond raak droog, jou bene wil nie stilstaan nie en jy sien kans vir die wêreld.  Dit gee jou die moed om belangrike besluite te neem en dit deur te voer.  Adrenalien is die hupstoot.”

Luister hier na ’n voorskou:

Dit is Jan se eerste duet saam met ’n vroulike kunstenaar en hy sê hy het dadelik aan Le-Lue gedink vir hierdie besonderse liedjie.  “Ek dink ons stemme werk baie mooi saam en sy is baie gemaklik met die lae registers waarin ek sing, maar kan ook maklik by die hoër note uitkom. Ek het ’n paar maande terug ’n kans gevat en gevra of sy sal belangstel en sy het gelukkig dadelik ingestem,” vertel Jan ingenome verder.

Jan deel dat dit werklik baie lekker was om saam met haar aan die duet te werk en alhoewel hulle 800km van mekaar af woon, dit net ongelooflik is hoe tegnologie dit moontlik gemaak het om nogsteeds hierdie duet saam te doen. Jan woon in die Noordkaap net buite Niekerkshoop; ’n klein dorpie tussen Griekwastad en Prieska en Le-Lue in die Wes-Kaap. “Ons is albei baie opgewonde oor die liedjie,” sê Jan.

Le-Lue sê dit was vir haar ’n groot voorreg om deur Jan Rhaap genader te word vir hierdie duet.  “Alhoewel ek die afgelope 9 jaar ’n radio-omroeper is, is sang en die vermaaklikheidsbedryf diep in my hart.  Dit was ongelooflik om weer in die studio te wees en my passie uit te leef.  Adrenalien gaan baie mense se hartsnare roer te danke aan Jan Rhaap se fantastiese manier van skryf en met woorde toor”.

Adrenalien is opgeneem by Coolerbox Studios en vervaardiger deur Tertius Human. Le-Lue se stem is opgeneem in die Kaap by Loki Rothman en die liedjie sal ook op Jan se vierde ateljee-album beskikbaar wees wat op 19 Februarie 2021 vrygestel sal word.

“Ek gaan definitief die publiek verras met hierdie liedjie.  Dis iets heeltemal vars en aangesien dit ’n liefdesliedjie is, sal basies enigeiemand met die liedjie kan vereenselwig.  Liefde is oral om ons en deel van ons daaglikse lewe,” sluit hy af.

  • Adrenalien is nou op verskeie digitale musiekplatforms soos Apple Music beskikbaar. 
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.