Matthew John Duncan se nuwe enkelsnit ‘beeld sirkel van die lewe uit’

FOTO: Verskaf 

Matthew John Duncan se nuwe enkelsnit Stof tot Stof is onlangs bekendgestel en handel oor die denkproses van hoe ’n persoon die regte gevolgtrekking oor enige van die moeilike vrae van die lewe bereik het, terwyl hy of sy besef dat die ontdekking miskien nie die objektiewe waarheid is nie – dit is moontlik dat die persoon dele van die waarheid ontdek op grond van sy of haar perspektief en begrip, maar nie noodwendig die hele of objektiewe waarheid nie. 

“In hierdie onsekere tye voel dit asof sommige mense meer seker is oor alles as enige persoon is of een ding,” vertel Matthew. 

Matthew sê dat die lied die sirkel van die lewe uitbeeld. “Dis waar ’n mense kan begryp dat hy of sy nooit alles sal verstaan nie, maar dat dit tog die moeite werd is om te probeer.” 

Dit is die perfekte liedjie om jou roadtrip-speellys, ’n kuier om die braaivleisvure of om saam met vriende te luister en nooi die luisteraar uit om bietjie dieper te dink. 

Hy is onseker hoe die publiek die liedjie sal ontvang, maar is oor eending seker – dat die musiekbedryf só mooi is, en terselfdetyd ook só vreesaanjaend is. 

Stof tot Stof volg kort op die hakke van sy eerste Afrikaanse enkelsnit, Roep. Dié liedjie is vroeër vanjaar vrygestel en spog met meer as 100 000 kyke op Facebook en het vir twee weke as nommer een op Bok Radio se top-30 trefferlys geboer. “Ek is ’n groot voorstaander van die metode om op ’n gereelde basis nuwe musiek vry te stel. My nuwe enkelsnit gaan vroeg 2021 uitgereik word.” 

Kyk die musiekvideo vir Stof tot Stof hier:

Matthew John Duncan (26) is gebore in Durbanville en woon tand in die Paarl. Hy het gematrikuleer aan die Hoërskool Stellenberg en tot einde 2018 as siviele tegnoloog gewerk. Hy spog ook met ’n diploma in siviele ingenieurswese en is tans besig met sy Btech aan die CPUT.

Alhoewel hy oor die afgelope ses na sewe jaar doenig is met musiek, het hy eers in 2019 voltyds daarmee begin. John Mayer inspireer hom en hy sal graag musiek saam met Joshua Na Die Reën wil maak. Wanneer musiek egter nie meer beskore is vir hom, sal hy graag ’n siviele ingenieur wil wees. 

En wat meet min mense van hom? “Ek’s ’n sportliefhebber…” vertel hy. 

Matthew se dagboek is tans propvol private funksies en dan fokus hy op nuwe musiek. Wanneer hy nie besig is met musiek is hy met die neus in die boeke… 

  • Stof tot Stof is nou op alle digitale musiekplatforms.