FOTO: Verskaf
Die talentvolle Theo Nel (30) van Mountain View in Pretoria het die grendeltydperk as geleentheid gebruik om met sy nuutste musiek en video’s kop bo skouers uit te blink.
Die sanger is verlig dat die tyd uiteindelik aangebreek het vir hom om vir die publiek te wys wat op sy hart is, wat of eerder wie hom inspireer, en sy strewe daarna om mense gelukkig te maak met sy sprankelende persoonlikheid en uitkyk op die lewe.
Luister hier na ’n voorskou van Veldbrand:
“My inspirasie en motivering vir my musiek kom suiwer van persoonlike ondervindings, en my plan om my doelwitte heelhartig in 2021 te behaal”
Nel spog met ’n loopbaan van 10 jaar in die Afrikaanse musiekbedryf. Hy het nog altyd gevoel dat hy ’n optreder moet wees en dat hy deur middel van sy musiek en lirieke, ander wil inspireer en wil wys dat jou drome jou eintlik moet bangmaak.
“As ’n kind was my pa nie teenwoordig in my lewe nie. Toe ek ouer word, het ek ’n verhouding met hom begin bou en hy was vir vyf jaar baie belangrik vir my. Ongelukkig is hy oorlede en daarom dra ek my nuutste album aan hom op.”
Nel spog met 17 liedjies op sy nuutste album Is Jy Reg?