Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Karen Zoid, AB de Villiers en Ndlovu-jeugkoor sing ’n lied van hoop

Redaksiespan11 November 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

AB de Villiers, Karen Zoid en Ndlovu-jeugkoor het kragte saamgesnoer om ’n lied van vreugde, inspirasie en hoop op te neem. Ná wat vir Suid-Afrika en die res van die wêreld ’n moeilike en veeleisende jaar was, hoop hulle om ons nasie met die nuwe enkelsnit en musiekvideo vir The Flame te inspireer en op te hef. 

Maar hoe het dit gekom dat ’n krieketheld, ’n rockster en ’n geliefde koor saamgewerk het aan The Flame? “Ek en Karen Zoid het in 2019 ’n ruk lank saam musiek geskryf. Ons wil mense inspireer, ’n boodskap oordra en ’n verskil in ander se lewens help maak. Ek het gedurende ons skryfsessies baie nagedink oor die uitdagings waarvoor ek as ’n krieketspeler te staan gekom het, en die ooreenkomste met die daaglikse lewe. Ons het nie toe ’n benul gehad dat COVID op pad was nie, maar ons het nietemin gevoel die wêreld kort ’n positiewe boodskap,” verduidelik AB de Villiers.

Maar teen die tyd wat hulle die lied in 2020 wou opneem, het ’n legio tegniese uitdagings hulle in die gesig gestaar, met AB in Dubai, Karen in Kaapstad, en die Ndlovu-jeugkoor in Limpopo – almal vasgekeer weens die inperking. 

“Uiteindelik moes ons elkeen ons deel van The Flame afsonderlik opneem en dit so op ’n afstand vervaardig. In die koor sing ek byvoorbeeld ‘We fan the flame’, terwyl die ander sing ‘We found the flame’. Die vlam, ’n flentertjie vuur, was nog altyd vir mense op ’n fisiese én metafisiese vlak ’n simbool van groot hoop. Ek kon seker teruggegaan het om my deel oor te doen om by die ander stemme te pas, maar ek het nie, want dit het op ’n manier reg gevoel dat myne verkeerd was. Party van ons vier hoop, en ander soek nog daarna. Maar ons wil almal ’n lied van hoop sing. Uit ’n onvolmaakte lied en ’n onvolmaakte wêreld kom daar wél beeldskone dinge na vore. Dit was nog altyd so, en sal altyd so wees,” sê Karen.

Die video bevat tonele van Karen en die Ndlovu-jeugkoor by Supersportpark, Centurion, sowel as selfskote van AB in Dubai, waar hy nog tot in November vir die IPL-toernooi sal wees. 

“Vir my is dit ’n lied van volharding, spanwerk en karakter. Dit laat my dink aan ons uitdagings in Suid-Afrika met geslagsgebaseerde geweld, ’n hoë misdaadsyfer en rassisme – en ek weet ons het ’n spesiale energie hier wat jy nêrens anders ter wêreld kry nie. Om deur die vlamme te loop en in moeilike tye deur te druk maak ons sterker as ’n nasie, en ek weet ons sal aanhou uitstyg,” sê AB verder. 

Karen stem saam met AB, en voeg by: “Partykeer in die lewe is ons omring deur skoonheid, en ander kere, soos in 2020, moet ons diep in onsself gaan delf vir krag en passie. Diegene wat al voorheen swaargekry het, vind dit nou makliker om uit te hou en aan te hou. Maar dan het dié wat nog nooit moes swoeg en sweet nie dalk ook meer kragreserwes opgebou om die storm te deurstaan, want hulle ken nog nie die pyn van onsekerheid nie.”

Die Ndlovu-jeugkoor het wêreldroem verwerf op America’s Got Talent en dra iets geesverheffends tot The Flame by. Koorleier Ralf Schmitt sê hulle was baie in hulle noppies omdat hulle by die projek ingesluit is: “In onseker en onstuimige tye bly die wêreld verenig in ons liefde vir musiek, sport, kuns en kultuur. Saam met Karen Zoid en AB de Villiers het ons hierdie passies byeengebring om nie net te inspireer nie, maar ook hoop en warm harte te skep.”

Kyk die musiekvideo hier:

  • The Flame is nou op alle groot stromingsplatforms beskikbaar. 
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.