Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Ligte flikker, toeters blaas by eerste Suidoosterfees inryteater musiek-konsert

Redaksiespan7 November 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Gys Loubser

Die Suidoosterfees by kykNET Atlantic Inryteater het Woensdag 4 November op ’n hoë noot in sy splinternuwe gedaante afgeskop. Francois van Coke en Early B was op hul stukke.  Die parkeerarea was volgepak met feesgangers in hulle motors, veilig ingevolge die nasionale Covid-19-regulasies. Die tegniese versorging van die vertonings was uit die boonste rakke met uistekende klank en beeldmateriaal van die optredes wat agter die verhoog geprojekteer is.

“Die ervaring vir my was fantasmogories,” sê Early B. “Ek het dit regtig geniet, dit was ’n first, en soos Francois gesê het by die show, dis historical.” ’n Oomblik wat vir dié gewilde rymkletser uitstaan, was toe hy sy bekende “Sies Boy”, waarop gehore gewoonlik woord vir woord saamsing, vir die vertoning aangepas het na “Flick Boy”. Feesgangers het hul motorligte entoesiasties op die maat van die woorde geflikker. “Dis iets wat ek vir ewig en altyd sal onthou!”

Vir Francois van Coke werk die Suidoosterfees se inryteater-konsep uitstekend. “Dit was baie lekker om mense te kon hoor saamsing vanuit en langs hul karre, die eerste keer sedert 14 Maart.” Tydens die grendelstaat is Van Coke se vertonings aanlyn gestroom, maar die inryteater oorterf alles. “Wat ek van videoclips sien, is dat dit baie goed geklink het in die karre, so vir my overall was dit ’n baie lekker ervaring en ek sal dit beslis weer wil doen.”

Die fees moes vroeër vanjaar uitgestel word ná die uitbreek van die Covid-19-pandemie. In dié nuwe formaat is dit die eerste Kaapse fees wat ná die grendelstaat aangebied word. Dit is ook die eerste inryteater-geleentheid waar kunstenaars in lewende lywe op ’n buiteverhoog optree terwyl die vertoning direk op die silwerskerm geprojekteer word.

Netwerk24, produksieborg van Van Coke en Early B se vertoning, is saam met Stad Kaapstad, kykNET, Smile FM en ander borge opgewonde oor feesgangers se oorweldigende entoesiasme teenoor die inryteaterkonsep. Jana Hattingh, Suidoosterfees se uitvoerende hoof, sê dat die samehorigheid van feesgangers, selfs in hulle voertuie, groot verligting bring na die lang isolasietydperk.

Devine Hendricks, ’n toeskouer van Eersterivier, sê die konsert het alle verwagtinge oortref. “Die gees binne en buite die karre was daar en my voete kon nie ophou dans langs die motor nie. Early B en Francois van Coke het amazing perform!” Vir Issy Salie van Milnerton was dit wonderlik om ná maande van inperking weer uit te kom. “Die show was amazing en die kos was baie lekker. Die inryteater is ’n baie goeie idee en ek hoop dit raak ’n instelling.”

Barry Botha, ’n inwoner van Kaapstad, is beïndruk met die goeie organisasie, lekker kos en behulpsaamheid van die vriendelike feesbeamptes. Vir Barry is die gebruik van toeters as applous ’n wonderlike nuwe ervaring. “Na maande van shows op skerms kyk was dit lekker om met mense te kon connect, en mens kon sien die kunstenaars ervaar dit ook so,” sê hy.

Ander Suidoosterfees-produksies waarna feesgangers nog kan uitsien, is Klopse Jol!, PJ Powers en die Tygerberg-kinderkoor, Die Variety Show that skriks vir niks, Lottering in Lockdown, Koortjies met Jonathan Rubain en Lag my kla’.

Vir Stad Kaapstad is die kykNET Atlantic Inryteater die ideale plek om die kunste ná die grendelstaat behoorlik te vier. Daarom gooi Kaapstad haar deure wyd oop om feesgangers van oral in die provinsie te verwelkom. Spesiale pakkette stel besoekers van ver in staat om te deel in vermaak uit die boonste rakke. Verblyfpakkette by City Lodge is beskikbaar teen R1 600 vir twee persone, en sluit bed en ontbyt, ’n inryteaterkaartjie en ‘roadhouse’-ete in.

Kaartjies kos vanaf R250 per motor, en kan by Computicket bespreek word. Besoek die Suidoosterfees se webwerf (www.suidoosterfees.co.za) vir meer inligting.

Hierdie inisiatief van die Suidoosterfees is moontlik gemaak deur die Departement van Kuns, die Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport, Stad Kaapstad, kykNET, NATi, Die Burger, Media24, Smile FM en Atlantic Studios.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.