Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Lieflingpaartjie stel vrolike Afrikaanse enkelsnit vry

Redaksiespan31 Oktober 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Deon Coetzee

Die lieflingpaartjie, Bianca Le Grange en David Johnson, het beslis geen bekendstelling in vermaakkringe nodig nie. Hierdie dinamiese duo is gewoond daaraan om saam te werk en het pas ’n splinternuwe enkelsnit uitgereik.  Ek Baklei Vir Jou is ’n Afrikaanse popsnit wat gaan oor verlief wees en hoe ’n mens mekaar moet ondersteun en vir mekaar moet baklei wanneer jy in ’n verhouding is.  

Hierdie liedjie, uit die pen van Theunis Duvenage, het dadelik aanklank gevind by die paartjie wat binnekort hulle vyfde huweliksherdenking vier. “Dit is ons vyfde huweliksherdenking in Desember. Ek Baklei Vir Jou het baie spesiale betekenis vir ons, omdat dit ons inspireer om nooit op te gee op ons liefde nie en saam ons drome te volg,” sê Bianca.

Die paartjie, wie se unieke stemme mekaar perfek komplementeer, glo dat hierdie vrolike, goedvoel snit gewild gaan wees onder oud en jonk. 

Die musiekvideo van die enkelsnit is ook reeds beskikbaar en is deur DWB Produksies (’n produksiehuis wat videos en inhoud vir die korporatiewe mark, sowel as die vermaak- en toerismebedryf vervaardig), wat Bianca en David gedurende grendeltyd gestig het, vervaardig en vang ’n paartjie se herinneringe vas van toe hulle net ontmoet het.  

“Die oorspronklike idee om tieners te gebruik om die storie te vertel uit die oogpunt van skoolliefdes, was David s’n,” verduidelik Bianca. “Ons het die idee gebruik, maar besluit dat die tieners jonger weergawes van onsself moes verteenwoordig.” Die paartjie het by Thabo Eco Hotel, die Glen-winkelsentrum en ’n tennisbaan naby hulle huis verfilm om lewe te gee aan hulle storie.

Kyk die musiekvideo hier:  

Alhoewel Bianca en David albei suksesvolle kunstenaars in eie reg is – beide is gevestigde vermaaklikheidskunstenaars, dansers, musikante en akteurs – het hulle ook al gereeld die verhoog en skerm met mekaar gedeel. Hulle lys juis die geleentheid om saam deur Suid-Afrika te toer as deel van hulle program, Vakansietyd/ Destination Vacation, as een van die hoogtepunte van hulle altwee loopbane.

Bianca het reeds op ’n jong ouderdom begin sing, maar dit was eers na haar deelname aan Idols SA in 2002 wat haar musiekloopbaan regtig vlam gevat het. Die Ek Verlang-ster hou van Jazz- en klassieke musiek en het by die Nasionale Skool vir die Kunste studeer, waar sy die klavier en viool bemeester het.

David het weer grootgeword met kletsrymmusiek en is lief vir slim lirieke. Hy was ook mal daaroor om te sing toe hy klein was en was selfs op universiteit in die musiekgroep, Polaroid, voordat hy ernstig op toneelspel begin fokus het.

Dit is algemene kennis dat ’n loopbaan in die vermaakbedryf baie uitdagings kan bied en dié paartjie is konstant besig om nuwe manier te vind om kreatief en geïnspireerd te bly. Bianca het, byvoorbeeld, ook begin toneelspeel, terwyl David – wat ’n gewilde gesig op die kassie is in sepies soos Getroud met Rugby en 7de Laan – musiek as ’n kreatiewe uitlaatklep gebruik.

“Om suksesvol te wees in die vermaakbedryf, moet jy in jouself glo en aanvaar dat nie almal van jou gaan hou nie,” sê hulle. “Selfvetroue in die vermaakbedryf is ’n dun lyn wat jy moet loop – om nie parmantig oor te kom as jy in jouself glo nie en ook nie te nederig te wees oor you talent nie.”

  • Ek Baklei Vir Jou is nou beskikbaar op alle aanlynplatforms.  
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.