Cream Machine snoer kragte met Early B, Justin Vega

FOTO: Verskaf

Cream Machine se tweede enkelsnit is hier en dié keer snoer hy kragte met die Potte-sangers en rymkletsers Early B en Justin Vega. 

Doen Jou Ding inspireer en motiveer die luisteraar om dinge aan te pak waarna hy of sy hunker of selfs passievol is, maar net nog nie die moed gehad het om te doen nie. “Die boodskap is stere ek eenvoudig: doen jou ding,” het Hendrik Spangenberg, bemarkingspesialis van Select Musiek, verduidelik. 

Die ritmiese lirieke spreek tot die idee dat jy jou ding moet doen ten spyt van dit wat jou terug hou – jy moet elke geleentheid met albei hande aangryp. 

“Ek sien al jare uit na die geleentheid om saam met Cream Machine te werk en is baie opgewonde oor die song,” het Early B gesê. 

’n Treffermusiekvideo wat dié liedjie komplimenteer is deur Wolfkraft Productions vervaardig en opgeneem. 

  • Doen Jou Ding is nou op alle digitale musiekplatforms beskikbaar.