Jan Jan Jan kry binnekort ’n nuwe Jan!

FOTO: Verskaf

Wie sal ooit vir “lekker ou jan” vergeet? Toe kom Jan Jan Jan en blaas almal weg met hul 2019-treffer Wys Jou Vleis wat meer as 4.3 miljoen trefslae op YouTube het. En vandag is hul op almal se lippe… 

Dié drie manne; LanJan (Riaan Venter), FrisJan (Jaco Pitzer) en KleinJan (Heinrich Rautenbach) het as ambassadeurs vir die gewilde mansklerereeks, Boerboel Wear, opgetree en die res is soos hul sê geskiedenis. 

“Elke lid het voor die sukses van die groep hul eie onderskeie loopbane gehad wat uit die aard van die saak voorkeur geniet,” het Hendrik Spangenberg, bemarkingspesialis by Select Musiek, gesê.

Dis daarom die einde van Jaco Pitzer oftewel FrisJan se pad saam met Jan Jan Jan. Hy gaan sy fiksheid-en-solo loopbaan najaag. 

“Ons en Boerboel Wear wens vir FrisJan net die beste toe met sy toekomsplanne,” het KleinJan gesê. 

Nou vir die groot vraag: “Wie gaan FrisJan se skoene volstaan?” 

MooiJan word op Vrydag, 13 November by die groep welkom geheet en sal te sien wees in die groep se nuwe musiekvideo Gooi Mielies

Is jy al nuuskurig? Sluit aan by Jan Jan Jan se YouTube-kanaal en vind uit wie MooiJan is.