Ché, Snotkop sing die somertreffer van die jaar!

FOTO: Christiaan Wolf

Ché is die naam wat jy moet onthou as jy opgewonde is oor die toekoms van Afrikaanse Pop. 

Saam met Snotkop stel sy haar heel eerste Afrikaanse enkelsnit vry en dit beloof om ’n groot een te wees.

Ché sing vandat sy agt is en al is sy nogsteeds jonk het sy verskeie musiekprojekte aangedurf onder andere MuzikKidz asook haar eie loopbaan wat haar so ver as die VSA geneem het. Maar met Ek Like Hoe Jy Dans gaan sy beslis ’n paar Afrikaanse aanhangers bykry. 

Hierdie treffer gaan daaroor om vir die “underdogs” te skree, maak nie saak of jy altyd raak trap en of jy net langs die ritme dans nie. Sy wil pret hê, dans en sing.

Die musiekvideo gee alles weg en Snotkop verskyn selfs as ’n hologram…  

Ché is een van daardie wat jy beslis kan dop hou in die toekoms met haar somertreffer wat almal aan die dans gaan kry. 

  • Ek Like Hoe Jy Dans is vanaf Vrydag, 30 Oktober 2020 op alle digitale musiekplatforms beskikbaar.