FOTO: Verskaf
Maak My Famous se Henrico Coetzer het onlangs ons 30 blitsvrae op die proef gestel. Henrico se nuwe enkelsnit Hoor my woorde is onlangs vrygestel.
LEES OOK: Maak My Famous se Henrico Coetzer meen dis nóú sy tyd
Beskryf jouself in drie woorde.
Liefdevol, passievol, snaaks.
Wat krap jou vinnig om?
Sosiale media boelies.
Wat maak jou gelukkig?
Om musiek te luister en op die verhoog te wees.
Wat is jou gunsteling plek in die wêreld om na te reis?
Europa. Veral Oostenryk is baie mooi.
Gunsteling fliek?
Dear John.
Gunsteling TV-reeks?
Greys Anatomy.
Gunsteling drankie?
Rooiwyn!
Gunsteling kleur?
Swart.
Gunsteling kos?
Pasta.
Gunsteling musiek?
Ligte klassiek.
Wat wou jy word toe jy klein was?
’n Prokureur.
Hoe ontspan jy?
Luister en kyk YouTube videos en drink goeie wyn.
Wat is die eending waarsonder jy nie kan lewe nie?
My selfoon.
Saam wie sal jy eendag op ’n eiland gestrand wil wees?
Saam my swaer, hy is baie handig so hy kan skuiling bou en visvang en ek kan swem en die view geniet…hahaha grappie.
Wat is die beste geskenk wat jy al gekry het?
My ma het vir my 21ste verjaarsdag vir my ’n foto-album gemaak met foto’s vanaf ek gebore is tot 21 jaar oud met al my vriende en familie in.
Wat is die slimste besluit wat jy al gemaak het?
Om in te skryf vir Maak my Famous. Ek het so baie geleer en sal dit vir niks verruil nie.
Wat is die beste raad wat jy al gekry het?
Dat niemand ooit jou geluk mag steel nie.
CD wat tans in jou motor speel?
Riaan Benadé se Spontaan.
Watter boek lees jy tans?
Mmmm ek lees nie graag nie… tel Facebook? Haha
Gunsteling emoji?
Die gesiggie wat sy tong uitsteek. 😛
Honde of katte?
Honde.
Facebook of Instagram?
Instagram.
Koffie of tee?
Koffie
Whatsapp of bel?
Bel.
Apple of Android?
Apple.
Vertel ons ’n interesante feit oor jouself?
Ek is eintlik baie skaam. Ek kan voor 10 duisend mense optree, maar is baie skaam om nuwe mense te ontmoet of iemand te bel wat ek nie ken nie.
Wat is jou slegste gewoonte?
Ek is baie sensitief en wys soms te maklik emosie.
Oggendmens of naguil?
Naguil.
As jy enigeen kon ontmoet (lewendig of dood), wie sou dit wees?
Nelson Mandela.
Drie mense saam met wie jy eendag om ’n etenstafel wil sit?
David Forster, Lady Gaga en Josh Groban.