FOTO: Verskaf
Ná ’n gebroke hart kon Melanie eerstehands skryf oor dié ervaring in haar nuwe enkelsnit. Met Your Love Don’t Bother Me wil sy ’n boodskap van hoop oordra – om die wie se hart gebreek is te verseker dat hulle weer vry sal wees.
Die liedjie is pas vrygestel en is ’n popliedjie wat handel oor die doodsnikke van ’n verhouding wat nie uitgewerk het nie. Melanie sing oor die wens dat die hou vas wat die verhouding gehad het kan verdwyn.
“Ek wil nooit weer soveel pyn saamdra van ’n verhouding wat nie uitgerwerk het nie en ek hoop dat die liedjie mense sal laat besef dat daar altyd iets beter is,” sê Melanie.
Volgens Melanie soek mense troos in musiek.
Melanie was in ’n verhouding, maar toe haar kêrel emigreer het die verhouding tot skip breek gelei. Sy het haar hart kans gegee om gesond te raak.
“Ek wil luisteraars die troos en gevoel van veiligheid gee – en ek weet hulle sal verstaan,” verduidelik sy.
In die musiekvideo wat Vrydag, 23 Oktober vrygestel word, speel ’n storie af waar Melanie se verhouding via ’n telefoon-boodskap kortgenip word.
“Na dit wys ek hoe ek gegroei het. Ek is eers hartseer en dan vind ek geluk en vryheid,” sê sy opgewonde oor die video.
Melanie is reeds vir ’n jaar doenig in die bedryf na sy die PACISA’s wenner van die sangafdeling was. Vroeër vanjaar het sy ook haar eerste snit, Verdwaal, uit Rudi Claase se pen uitgereik. Hierdie snit was vir drie maande op Bosveld Stereo se Top 20 en het selfs die nommer een plek behaal.