Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

’n Onvergeetlike musiek- en digkunservaring eersdaags aanlyn

Redaksiespan20 Oktober 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Digkuns- en musiekliefhebbers kan op Sondag, 25 Oktober, om 19:00 op Cordis Trust of Petronel Baard se Facebookblaaie of op YouTube inskakel vir ’n gratis virtuele vertoning wat hulle nog vir lank sal onthou.

Woordpalet, ’n pragbundel van al die talentvolle skrywer – Mardene Marais – se skryfstukke saam met die kunswerke van onder andere Vader Claerhout, was die Cordis Trust (toe Mardene Marais Gedenktrust) se eerste publikasie en is uitgegee na haar afsterwe in 1989. 

As gevolg van hierdie bundel, is die volwaardige Cordis Trust gebore wat oor die jare vir verskeie publikasies van kunsstemme ’n kunspalet geword het. 

Uit die hart van een, het meer skrywers dus die geleentheid gekry vir publikasie en meer stemme die geleentheid om gehoor te word.

Die trust en betrokke partye is konstant besig met bewusmakingsveldtogte vir die kunste, waarvan Woordpalet een is.

Petronel Baard se Lang Vrou Produksies het hierdie aanbieding saamgestel in vyf afdelings rondom Mardene se siening van “Liefde”, “Geluk”, “Vrees”, “Die Dagbreek” en laastens “Die Son” vanuit die boek.

Hierdie vertoning bestaan uit voorlesings deur die akteurs, Carel en Petru Trichart, toonsettings van die opwindende digkuns en musiek deur Deniel en Frazer Barry én Steffie le Roux, asook puik verwerkings deur die klassieke sanger Lisa Lorenz en Petronel self. Die aanbieding word gekombineer met werke van Vader Claerhout wat deur Mardene se werk geïnspireer is.

“Ons het die musiek verwerk in uiteenlopende style, beloof dat dit iets vir almal sal inhou en dat die voortreflike voorlesings gehore nog lank sal bybly,” sê Petronel wat ook betrokke was by die vorige aanlynvertoning genaamd Sonstorie wat in Julie vanjaar uitgesaai is.

Dié veelsydige musikant en liedjieskrywer het al ses albums en verskeie treffers (soos Life is Good en Akkerblare) op haar kerfstok, waarvan haar debuut-album, Lank Al, benoem is vir ’n SAMA en twee Geraas-musiektoekennings. Sy werk tans voltyds saam met Cordis Trust om Afrikaanse kuns en kultuur te bevorder en is die eienaar van Lang Vrou Produksies wat toneelstukke vervaardig.

Cordis Trust se doel was nog altyd om Moedertaal-vermaak te bevorder deur vir kunstenaars die geleentheid te gee om hulle passie en talent met die publiek te deel. Woordpalet is weereens ’n bewys van die ongelooflike skryf- en musiektalent en akteursvernuf wat ons land het om te bied en is maar net ’n druppel in die emmer van wat hulle beplan vir die toekoms.

Vir meer inligting oor die vertoning en trust, besoek www.cordistrust.co.za.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.