FOTO: Verskaf
Ons het onlangs die radio-omroeper en sanger Francois van Rensburg uitgedaag met ons 30 blitsvrae. Francois se jongste enkelsnit Twee Wêrelde het vroeër vanjaar die lig gesien.
LEES OOK: Francois van Rensburg se nuwe enkelsnit weeg ‘twee wêrelde’ teen mekaar op
Beskryf jouself in drie woorde.
Vryheidliewend, passievol, nuuskierig.
Wat krap jou vinnig om?
Onreg van enige aard.
Wat maak jou gelukkig?
Musiek.
Wat is jou gunsteling plek in die wêreld om na te reis?
Ek was nog nie oorsee nie. Maar ek was al in buurlande soos Namibië en het onlangs my hart op ’n plekkie in Swaziland verloor met die naam Bulembu. Ek is ook verlief op die Drakensberge, die see en een van my gunsteling dorpies in Suid-Afrika is Clarens in die Vrystaat.
Gunsteling fliek?
My Week With Marilyn.
Gunsteling TV-reeks?
Prison Break is nog steeds een van my gunsteling reekse. Plaaslik hou ek na al die jare steeds van die immergroen komedies Orkney Snork Nie en Vetkoekpaleis.
Gunsteling drankie?
Chai tee.
Gunsteling kleur?
Turquoise.
Gunsteling kos?
Seekos.
Gunsteling musiek?
Sjoe, dis moeilik om een genre of kunstenaar uit te sonder. Ek hou van liedjies wat stories vertel. Die musiek van Richard van der Westhuizen, Laurika Rauch, Johannes Kerkorrel, Lesley Rae Dowling, Coenie de Villiers, Robbie Williams en Elton John kry dit reg. Om maar net ‘n paar uit te sonder…
Wat wou jy word toe jy klein was?
’n Veearts.
Hoe ontspan jy?
Ek is mal daaroor om te gaan hike en ek draf graag.
Wat is die eending waarsonder jy nie kan lewe nie?
Op hierdie stadium moet ek sê my rekenaar en my selfoon, want ek kry die meeste van my werk so gedoen.
Saam wie sal jy eendag op ’n eiland gestrand wil wees?
Patricia Lewis (ek het van kleins af al ’n “secret crush” op haar.)
Wat is die beste geskenk wat jy al gekry het?
Ek was baie bly die dag toe ek my eerste horlosie gekry het en ook my eerste selfoon, ek was toe nog op Laerskool.
Wat is die slimste besluit wat jy al gemaak het?
Om my passie te volg. Want wanneer ’n mens doen waarvan jy hou, voel dit nie soos werk nie.
Wat is die beste raad wat jy al gekry het?
Wees jouself.
CD wat tans in jou motor speel?
Johrne van Huyssteen van Die Groot Ontbyt op kykNET het nou die dag vir my 4 van hulle Ddisselblom albums werk toe gebring. Ek luister tans na een in my motor.
Watter boek lees jy tans?
Ek is nogal ’n lui leser. Maar ek is mal oor aanhalings en biografieë. Die laaste boek wat ek gelees het was uittreksels uit Jak J Brits se digbundel Kammakas.
Gunsteling emoji?
😎
Honde of katte?
Ek het nog nooit ’n kat as ’n troeteldier gehad nie. So ek sal altyd honde bo katte kies. Veral worshonde. Ek hou van hulle temperament.
Facebook of Instagram?
Instagram.
Koffie of tee?
Rooibostee.
Whatsapp of bel?
Whatsapp. Ek wil graag op my eie tyd reply…
Apple of Android?
Ek het onlangs ‘n Macbook gekoop. So vir nou is dit Apple.
Vertel ons ’n interesante feit oor jouself?
Ek is eintlik ’n introvert wat hou van praat.
Wat is jou slegste gewoonte?
Ek gaan slaap te laat.
Oggendmens of naguil?
Van nature ’n naguil, maar dikwels vereis my werk van my om ook ’n “early bird” te wees.
As jy enigeen kon ontmoet (lewendig of dood), wie sou dit wees?
Johannes Kerkorrel.
Drie mense saam met wie jy eendag om ’n etenstafel wil sit?
Lesley Rae Dowling, Johannes Kerkorrel en Laurika Rauch. (Ek het al die voorreg gehad om dit saam met die laasgenoemde te doen.)