Groot produksie vir Juanita du Plessis wys dis nóú haar tyd

FOTO: Verskaf

Met die vrystelling van haar nuwe album, Dis Tyd, het Juanita du Plessis nie besef dat ’n Covid-19-pandemie haar gaan terughou om met dié nuwe liedjies te toer nie en nou – ná ongeveer sewe maande en ’n onverwagste inperking het die tyd vir Juanita aangebreek om aanhangers met ’n splinternuwe, unieke produksie te bederf – en kondig sy ook die bekendstelling van haar splinternuwe webtuiste waarop haar eie unieke produkte en parfuum binnekort beskikbaar sal wees.

“Dis tyd vir ’n nuwe seisoen en ek is so opgewonde oor dié nuwe hoofstuk in my lewe,” het Juanita vertel.

Juanita se splinternuwe konsert, Dis Tyd, sal eenmalig gedurende November in Pretoria in ’n klassieke, reuse koepelstruktuur by die venue Monte de Dios aangebied word. Dié tent is ook tydens die FNB Starlight Pop Opera-konserte gebruik en konsertgangers is jaarliks stomgeslaan deur dié indrukwekkende struktuur.

“Ons kon nie dié tent gedurende inperking gebruik nie en ek het al ’n geruime tyd die idee van ’n groot vertoning in dié tent ingedagte,” het Leon Pheiffer, eienaar van Monte de Dios en EHP Production, vertel.

Hierdie koepelstruktuur was nog nooit vantevore eksklusief vir ’n kunstenaar se vertoning opgestel nie en Juanita se konsert, Dis Tyd, sal dus die eerste wees wat dié ervaring bied.

“Juanita se produksies is altyd indrukwekkend en dus gepas om in dié koepelstruktuur aan te bied,” het Pheiffer vertel.

“Konsertgangers sal vyf eksklusiewe vertonings kan geniet wat kos stalletjies en ’n kontant kroeg insluit, en Juanita beloof om ’n feestelike atmosfeer te skep aan die publiek met hierdie vertonings.

Met dié groot produksie in die pyplyn en haar nuwe aanlynwinkel is Juanita besiger as ooit.

Volgens haar is sy al ’n geruime tyd besig om nuwe moontlike te ondersoek en dis veral na die sukses van haar eerste parfuum, vernoem na haar immergewilde treffer Vlieg Hoog, dat haar hart haar telkemale in dié rigting gewys het.

Sy pak dit saam met die gewilde klere-ontwerper Roedolf D Couture aan en die Jua eksklusiewe ontwerpersreeks sal afskop met ’n nuwe parfuumreeks, Vlieg Hoog, waarvan die geure ook na allerlei lyfprodukte uitgebrei sal word.

“Juanita is ’n vrou wat mooi kyk na haarself, maar ook daarvan hou om ’n pet te dra en met dié bykomsighede reeks gaan dames die beste van beide kan kry – stylvolle en gemaklike opsies van pette, maskers en soveel meer,” het Roedolf gesê.

Besoek gerus www.juanitaduplessis.co.za vir meer inligting en om te bestel.

Juanita se produksie – Juanita du Plessis, Dis Tyd, @ Monte de Dios vind soos volg plaas:

Daar is vyf eksklusiewe vertonings soos volg: Vrydag 13, en Saterdag 14 November, Vrydag, 20 en Saterdag, 21 November en Vrydag, 27 November

Kaartjiepryse beloop R190 per persoon. Kinders tussen die ouderdom van 5-12 jaar beloop R120 per persoon en kos- en drankstalletjies sal op die perseel beskikbaar wees.

Kaartjies is beskikbaar by www.juanitaduplessis.co.za