Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

‘Wees net anders’, vra Martin Bester in nuwe enkelsnit

Redaksiespan17 Oktober 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Die immergewilde Martin Bester het diep in Afrikaanse musiekliefhebbers se harte gekruip en het pas sy splinternuwe enkelsnit, Anders, vrygestel. In dié liedjie spreek hy die uniekheid van anders wees aan – en dat mense mekaar moet aanvaar.

Met ’n onderliggende boodskap aan boelies wat so deel is van vandag se samelewing, vertel Bester dat hyself ook nie soos enige iemand anders klink nie – en dat dít juis is hoe hy daarvan hou.

“Met elke liedjie wat ek vrystel probeer ek om so bietjie die grense te verskuif en iets anders as die normale te doen,” het hy verduidelik.

“Ek is mal daaroor om met mense te werk wat my inspireer om iets anders te doen en sodoende my eie verwysingsraamwerk te verbreed,” het hy vertel.

Hy voeg laggende by dat diegene wat nié by Anders gaan aanklank vind nie, dalk nie anders genoeg is nie.

“Ek wil hê my musiek moet so anders wees soos wat ons as mens is, en ek glo ons het met Anders daarin geslaag,” het hy vertel. 

Bester het as radio-omroeper bekendheid verwerf maar het vinnig in musiekliefhebbers se harte geklim. In die Afrikaanse mark was sy solo debuut album vrystelling, Vir Die Eerste Keer, gevolg deur, Vir Die Liefde, en toe later die enkelsnit Konings wat met sy pop-reggae-aanslag orals op dansvloere geniet kon word. Dié liedjie was juis geïnspireer deur die nostalgie van vakansies by die see. Later het hy ook sy enkelsnit, Staan Op, vrygestel. 

Bester was ook te sien as televisie-aanbieder op VIA se, Wie’s My Liefie, en rolle vertolk in Pretville, Vrou Soek Boer en Sonskyn Beperk en is ook tans op die kassie te sien in die program, Omgee Engele wat op VIA  uitsaai.

Bester is ewe bekend in die Engelse mark as sanger van die groep, Kinky Robot, met die treffer Hobie Beach – ’n liedjie wat hy geskryf het oor die strand waar hy in PE grootgeword het. 

  • Anders kan op op alle digitale platforms geniet word. Beskikbaar op Itunes, Spotify, Deezer, Google Play, Youtube.
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.