Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Abel Knobel sing oor ‘Soveel Meer’ in nuwe enkelsnit

Redaksiespan15 Oktober 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Soveel Meer is die nuutste enkelsnit uit die pen van Abel Knobel wat vir vier jaar in sy hart gegroei het voordat dit uitgeloop het op papier. Die opbouende woorde gaan oor die mens se inherente en instinktiewe begeerte om gedurig te streef na meer in die lewe. “Ons kyk al ewig terug na ons verledes en oordeel die toekoms daarvolgens, maar soms moet ons net stil staan, die oomblik in neem, en besef waar ons nou is, is genoeg,” deel Abel. 

Die boorling van Bethlehem se inspirasie vir Soveel Meer, kom juis uit sy kinderdae waar hy die plaas se oop vlaktes as sy speelgrond gehad het. Die relevante lirieke en opgewekte wysie, met ’n kontemporêr akoestiese inslag, is net wat nodig is om die lente te verwelkom. “Ons moet glo dat daar ‘soveel meer’ vir ons is en op ons wag as ons dit maar net kan raaksien.”  Dit is presies die woorde wat ons nodig het om te hoor terwyl 2020 einde se kant toe staan. 

Abel hoop dat die liedjies mense sal inspireer en sal herinner om te glo soos ‘n kind en sorgeloos te droom. “Dit is hier waar die drome in ons hart ons sal kan neem op ’n kinderlike avontuur waar niks vir ons onmoontlik is nie.” Volgens Abel is die geheim egter om stil te raak en tyd te maak om te kan droom in vandag se gejaag, weg van skerms wat ons aandag verdeel. 

Kyk die musiekvideo hier:

Maar Abel sing nie net van drome en hoop nie. Hy het self al sy berg geklim met erge episodes van depressie en Bipolêre geestesversteuring waaraan sy oupa ook gely het. Hy vertel dat hy op ’n stadium dit selfs oorweeg het om, soos sy oupa, sy eie lewe te neem maar dat hy met goeie hulp en geloof dit kon oorwin. “Die seer en gebrokenheid van die wêreld inspireer my seker die meeste om te skryf en sing. Daar is altyd hoop en daardie boodskap wil ek graag laat deurskyn in die musiek.”

Daar lê nog groot toekomsplanne en drome vir Abel self in die vooruitsig. Een van sy drome is om saam met die inspirerende kunstenaars en liedjieskrywers soos Riana Nel, Elvis Blue, Karen Zoid en Josua Na Die Reën te werk. Hy was deel van die elektro-pop mansgroep, NRG, vanaf 2011 – 2015. In die tyd was NRG benoem vir 3 Ghoema-toekennings, het ’n draai gaan maak op die Krone 2 verhoog en op die hoofverhoog by Innibos Kunstefees verskyn. 

In 2016 het Abel deelgeneem aan die relateitsreeks, The Voice seisoen 1 en Bobby van Jaarsveld se span gehaal. Dieselfde jaar het hy ’n kontrak losgeslaan om vir 6 maande in Spanje te sing. In 2019 het Abel vir ’n maand lank elke aand die rol vertolk van Brummer in die gewilde SABC 2-sepie, 7 de Laan.

Abel is dus geen vreemdeling vir die kollig nie en vier sy negende jaar as kunstenaar in die bedryf. Sy drome het egter al begin ontwikkel op vyfjarige ouderdom toe hy die eerste keer voor sy ouma se klavier gaan sit en begin het om sy eie liedjies op te maak. Die jong man se talent en passie skep ’n dinamiese kombinasie wat sy drome nog groter kastele gaan laat bou in die musiekindustrie. 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.