JP White terug in die kollig met nuwe enkelsnit

FOTO: Verskaf

JP White is terug in die kollig met ’n nuwe enkelsnit Hier in my hart. Dit volg kort op die hakke van sy album Verslaaf wat in Julie verlede jaar die lig gesien het. 

JP sê dat dié enkelsnit hom trots maak en dat hy daarna streef om mense met sy lekker ritme en diep woorde te vermaak. “Ek hou daarvan om my luisteraars te laat glimlag en hul harte die liefde te laat voel,” het JP gesê. 

Alhoewel die liedjie ’n voetstamp-treffer is, dra dit ook ’n dieper betekenis… 

“Dit gaan oor daardie een persoon wat waarlik vasgevang is in jou hart, die een waaraan jy elke sekonde van die dag dink, hoe die persoon dinge doen wat jou asem elke keer wegslaan en jou  maak om net meer en meer te wil hê, wat maak dat jy jouself vang glimlag vir geen spesifieke rede nie.”

Hier in my hart kom uit Vincent Gordon se pen en volgens JP behoort die lied verskeie harte aan te raak. 

Die musiekvideo vir die liedjie is ook onlangs uitgereik en deur Zander de Beer vervaardig. 

  • Hier in my hart is nou op verskeie digitale musiekplatforms beskikbaar.

Kyk die musiekvideo hier: