Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Reynardt Hugo bring hoop met sy tweede enkelnsnit

Redaksiespan2 Oktober 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Fathom Media

Die veelsydige akteur en kunstenaar, Reynardt Hugo het vroeër in 2020 sy eerste solo-enkelsnit, Die Rivier, vrygestel, en dit het almal en ook sy eie stoutste verwagtinge oortref!  Sy volgende enkelsnit, Diep Binne My, is pas vrygestel en almal is reeds aan die gons oor dìe inspirerende pop-snit.

“Die liedjie gaan oor twee mense wat in ’n verhouding is en deur ’n moeilike tyd gaan en by ’n kruispad kom en moet besluit of hulle aan die verhouding gaan werk en of hulle eerder die verhouding moet stopsit,” vertel Reynardt.

Reynardt en Sean Butler het die lied gekryf en Reynardt vertel dat die lied vir hom baie beteken, aangesien hy homself in soortgelyke omstandighede bevind het. “Ek moes besluit of ek my lewe wil omdraai, vergifnis vra en aan myself werk – om by ’n plek van waarheid uit te kom. Dit is nie altyd maklik nie, dit is ’n moeilike pad om te stap, maar defnitief die moeite werd. Ek dink oud en jonk sal daarby aanklank vind, omdat dit ’n verskillende betekenis vir elkeen kan inhou,” voeg hy by.

Reynardt is ’n gewilde Suid-Afrikaanse akteur, musikant, liedjieskrywer, motiveringspreker en skrywer. Hy was voorheen deel van die groep ADAM en is tans steeds te sien in kykNET se Binnelanders. Hy was ook deel van verskeie teaterstukke en verhoogproduksies en tree gereeld as seremoniemeester op by funksies.

As gevolg van die inperking, moes hy en die liefde van sy lewe,  An-Maré Roothman, ongelukkig eers hul troue opsy skuif, maar hulle is tans besig om te kyk na nuwe datums en reëlings. Hy is ook besig om te skryf aan ’n boek oor sy lewe, wat hy in samewerking met NB Uitgewers gaan uitgee vroeg in 2021.

Luister hier na die liedjie: 

  • Die musiekvideo van dié treffer word op 12 Oktober 2020 vrygestel.
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.