FOTO: Verskaf
Toe die sanger en radio-omroeper Riaan Grobler die eerste keer Liefdeshartaanval gehoor het, het hy geweet hy móét dit opneem. Dié liedjie is spesifiek as ’n duet geskryf en hy moes die regte sangmaat daarvoor kry.
Riaan wou nog altyd iets saam met Jennifer Zamudio doen, maar min het hulle geweet hoe goed dit gaan werk. Jennifer het dadelik ingestem en is uiteindelik ook die titelsnit vir Riaan se nuwe album wat eersdaags deur Universal Musiek vrygestel gaan word.
“Dit is ’n absolute voorreg om saam met Jennifer hierdie liedjie te sing want sy bring warmte na die lied toe wat die lied nodig gehad het. Die verwerking daarvan is puik en ek glo daar gaan nog baie Riaan en Jennifer opnames in die toekoms wees. Liefdeshartaanval kan soveel mense mee assosieer en komaan, wie van ons het nie al só gevoel nie?,” het Riaan gesê.
Luister hier na ’n voorskou:
Jennifer Zamudio wat al haar 20ste jaar in die musiekbedryf vier het geen bekendstelling nodig nie. Sy sê Liefdeshartaanval is een van daai liedjies wat sodra die lied begin speel dit dadelik jou aandag trek.
“Dit is verseker een van my gunsteling opnames, in my loopbaan, van die afgelope 20 jaar. Ieder en elk sal kan identifiseer met hierdie praglied. Dit was so lekker om saam met Riaan die musikale werk te kon vasvat en sien uit na sommer nog ’n paar opnames in die toekoms,” vertel Jennifer op haar beurt.
- Liefdeshartaanval is nou op alle digitale musiekplatforms soos Apple Music, Spotify, JOOX en Deezer beskikbaar.