FOTO: Verskaf
“Almal gaan saam hier deur – almal is saam alleen.” Só lui die lirieke uit die sing-rap duo John James se jongste enkelsnit wat ’n kragtige boodskap van hoop en eenheid oordra.
Die vermaaklikheidbedryf is een van die sektore wat die hardste getref is tydens die Covid 19-pandemie. En in ware John James-styl het die duo besluit om die krisis in iets positief te verander – deur hul frustrasies te fokus om iets te skep eerder as om te vernietig.
Hul enkelsnit Almal saam alleen maak dit duidelik dat hulle hier is om die gemoedere te lig en die video ondersteun dié liedjie wat jou keer-op-keer met hoendervleis sal los.
- Almal saam alleen is nou op alle digitale musiekplatforms soos Apple Music, Spotify, Deezer en JOOX beskikbaar.
Kyk die musiekvideo hier: