Ons vat vyf met SAARKIE

FOTO: Verskaf

SAARKIE se jongste enkelsnit Reënweer is onlangs vrygestel. Ons het vyf gevat met die dames. 

Wat het julle nuwe enkelsnit geïnspireer? 

Ons nuwe enkelsnit is geinspireer deur die begin dae van lockdown toe paaie so stil was dat jy die naggeluide kon hoor en gewens het vir reënweer. 

Waar kom die groep se naam vandaan?

SAARKIE is gevorm op hoërskool deur Adele en Lila. Toe ons vir Rockspider ingeskryf het, het ons nog nie ’n naam gehad nie en die Bassit van daardie tyd het SAARKIE ingevul op die vorm. Ons het eers later agter gekom dat dit verkeerd gespel is. 

Vertel ons iets van elke lid, wat nie veel mense van weet. 

  • Adele was ’n top-atleet en hokkie-speler op skool.
  • Lila moes tussen tennis en musiek as loopbaan kies.
  • Mijön het oorsee gewerk voor sy deel van SAARKIE geword het.

Watter ‘guilty pleasures’ het julle op ’n reëndag?

Netflix en chill. 

Som SAARKIE in vyf woorde op.

Energie, vriende, lewe vir musiek.