Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Musiek Soos Grond hou eersdaags konsert aanlyn

Redaksiespan30 Augustus 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Die beste word altyd vir later gebêre en daardie één aanlyn konsert waarvoor jy nog die heeltyd gewag het om te gebeur gaan nou plaasvind!  Musiek Soos Grond met die begaafde musikante en kunstenaars Joshua na die Reën, Kaleidoskoop, Leon Gropp, Len Muller, Liani Reynolds, Lizandra Winter en Douvoordag vind plaas op 4 September 2020 om 19:00 die aand en gaan ’n unieke en betowerende musiekkonsert wees wat beloof om die mees aangrypende musiek en van die beste talent in Suid-Afrika ten toon te stel!

LEES OOK: Musiek Soos Grond ’n eerste van sy soort 

“Daar is ’n vanselfsprekendheid wat ons in die afgelope vyf maande moes leer om te erken, en ons uitkyk daaroor te verander sodat dit ’n blywende effek sal hê op ons om vorentoe te beweeg. Ons het dit beleef toe ons in die grendeltyd beymekaar kon kom om vir julle iets spesiaals op te neem. Ons het amper vergeet ons is bymekaar om ’n vertoning op te neem en wou net weer voel hoe dit voel om saam met virende te wees. Die helfte van ons was in Pretoria by Pierneefskraal en die ander helfte by Jongensdal, naby Stilbaai. Ons was weereens bevoorreg om Gideon Botes op kitaar te verwelkom, Andy Maritz op dromme, Raziela Grey en Leatitia van Wyk as strykers tesame met die liedjies en stories van die Musiek Soos Grond span,” deel die lede van die groep. 

Die Musiek Soos Grond-beweging het in Maart 2019 die lig gesien en was ’n heel eerste van sy soort in die land wat ’n musiekervaring gebring het wat onmiddellik die aandag getrek het en jou laat besef het “hiérdie wil ek nie misloop nie”. Dit het ’n platform kom skep vir kontemporêre kunstenaars om hulle hoendervleismooi lirieke, lewensverhale en veelsydigheid met gehore te deel.

’n Enkelsnit en musiekvideo, getiteld Lugballon is ook deur die oorspronklike groep musikante geskryf, opgeneem, vervaardig en uitgereik en dié kontemporêre hartsliedjie, met die boodskap dat jou uitkyk op die lewe dikwels bepaal hoe jy situasies hanteer, kan steeds gereeld op radiostasies landwyd gehoor word. Dié liedjie is beskikbaar op alle digitale platforms en kan hier aangekoop word.

Die musiekvideo wat deur Jean de Villiers van Daville op ’n plaas net buite Alberton geskiet is met ondersteuning deur Paper Plane Media se Etienne Swanepoel weerspieël wat Musiek Soos Grond is – ’n klomp vriende wat dit geniet om saam musiek met een boodskap te maak, maar tog uniek bly. 

Kyk die musiekvideo hier:

“Ons hoop julle geniet dit wat ons vir julle kon vasvang. Ons behoefte en hoop is dat ons mekaar se harte kan rig in ’n atmosfeer waar selfs al is dit ’n aanlyn konsert, julle sal voel asof julle by ons is. Ons hou julle harte naby ons,” sluit die groep vriende af.

  • Volg hierdie skakel om nou jou kaartjies te koop en beleef ’n onvergeetlike musiekervaring saam met hierdie groep spesiale vriende.
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.