Fanus Pienaar wen verlore liefde met nuwe nuwe snit

FOTO: Verskaf

Die sanger en liedjieskrywer Fanus Pienaar is terug met ’n nuwe enkelsnit Myne Noem. Dié liedjie is tydens die landwye afsondering vir ’n Pretoriase-onderwyseres Esmàrie geskryf.

Fanus moes baklei vir haar hart nadat hy haar verloor het. Na ses maande het dié twee besluit dat hul saam hoort. 

Die liedjie vertel die storie uit sy [Fanus] se hart uit van herrineringe en hoe hy vir haar [Esmàrie] moes veg en aan haar gedink het. Sy moes al sy briewe aan haar weggooi asgevolg van moeilike omstandighede, maar niks sou hom keer om vir haar die liedjie op te neem nie. 

“Die liedjie gaan oor die gesegde dat as jy iemand lief het moet jy hul laat gaan, as hul terug kom is hulle joune vir altyd, indien nie, was hulle nooit joune om mee te begin nie. Myne Noem is deel van ’n triologie van liedjies wat ek gedurende afsondering geskryf het vir haar wat die storie vertel oor my geveg om haar hart terug te wen,” het Fanus gesê.

Myne Noem beloof om nie net die voete te laat jeuk nie, maar ook jou van vooraf verlief te maak. 

“Ek het vir haar gesê dat as sy die dag voor my staan, my kies, seker is sy wil saam met my wees, en my lief het, dat ek haar daardie dag myne sal maak en noem.” 

Fanus Pienaar is bekend vir liedjies soos Luister na jou hart en Rigting na jou wat mense van reg oor land aan’t gons het. Hy erken dat die nuwe enkelsnit sy grootste liedjie tot op hede is met Deon van der Merwe van Touch of Class-faam wat die vervaardiging daarvan behartig het. 

Fanus Pienaar is al veertien jaar in die musiekbedryf en het sy lyf ook akteur gehou in Wild At Heart wat op DStv se Universal-kanaal gewys het sowel as in die film, Fanie Fourie’s Lobola. Hy skryf meeste van sy eie liedjies en het ook vir Vincent Gordon help skryf aan ’n liedjie op sy album, Asem

Nie net kry Fanus dit reg om met sy nederigheid, unieke styl, warm stem en persoonlikheid harte regoor Suid-Afrika te wen nie, hy’s ook een van daai kunstenaars wat verseker dop gehou kan word.