Kontras vaar nou die ‘ruimte’ in met nuwe enkelsnit

FOTO: Verskaf

Kontras is terug met ’n nuwe enkelsnit vanaf hul debuutalbum, Vir Konteks, wat op 11 September uitgereik word. Die Ruimtevaarder volg kort op die hakke van vorige snittes soos Velde, Die happy song en Mors jou drank wat steeds gereeld op talle radiostasies gehoor kan word. 

Die Ruimtevaarder bevat lirieke wat handel oor swaarkry en hoe om jouself weer op te tel. Kontras nooi jou as’t ware uit om saam met hulle op ’n reis te gaan deur die heelal en jou plek in dit te herbevestig. 

Die Ruimtevaarder maak gebruik van kitare en drywende dromme begelei deur viole, cellos, trompette en trombone wat hierdie lied tot hemelse vlakke laat styg. Wat begin as ’n kalmerende ‘lullabye’ en sagte stemwerk, einding met ’n dramatiese katarsis in ’n oerknal van simbale en kitare,” het Jacques Groenewald, Kontras se hoofsanger en skrywer gesê.

  • Die Ruimtevaarder is nou op alle digitale musiekplatforms beskikbaar.
  • Maak seker jy kyk hul regstreekse konsert op 29 Augustus vir ’n voorskou van die album.  Spero Primum presents: Rock Bash