Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Nathan Smith stel musiekvideo vir titelsnit van nuwe album vry!

Redaksiespan10 Augustus 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Warren Krige

Bekroonde kitaarspeler, sanger en liedjieskrywer Nathan Smith se splinternuwe album met oorspronklike werke, Here’s to the Now, is gedurende Julie hierdie jaar vrygestel en dié album word deur ander kunstenaars en musikante in die bedryf soos Bobby van Jaarsveld, Riana Nel, Francois van Coke, Ricus Nel en talle ander as ’n meesterstuk beskryf!

Die eerste twee enkelsnitte vanaf die album, Decisions en Closer, wat gelyktydig aan radiostasies vrygestel is, is ongelooflik goed ontvang en kan gereeld oor die klankgolwe van stasies landswyd gehoor word.

Die titelsnit, Here’s to the now, gaan daaroor om so besig te wees met wat ’n mens moet doen en wil bereik of met ’n situasie dat jy al die goeie dinge en tye van menige ervaringe misloop. “In my geval was dit om wonderlike oomblikke saam met my vrou, Jackie, mis te loop. Om daar te wees, maar nie regtig daar nie, nie regtig te geniet nie, die geleentheid te mis om die kein goedjies in die lewe te geniet wat eintlik die groot goed in die lewe is.  Met Here’s to the now sê ek jammer daaroor en dat ek nou dag vir dag sal leef of elke oomblik saam met haar te kan geniet,” sê Nathan. 

Willem Viljoen van SASC was die regisseur van fotografie en ook die video en die vervaardiging is behartig deur Zap High Speed Studios en TA Group Media. Die  groep optrede is binne 5 ure verfilm by  Foghound studios in Midrand.

Baie van die beeldmateriaal was verfilm met ’n Talos Motion Control Rig (’n robot arm met ’n kamera wat op ’n spoor hardloop) met ’n 9m x 3m LED skerm as ’n agtergrond. Die tuisvideo beeldmateriaal is geskiet by die pragtige Western Breeze game farm in Limpopo en met 3 ure se beeldmateriaal wat verpak is in die video in. 

“Die konsep was om elke dag by die huis tipe oomblike vas te vang van my en my vrou, saam met my en my band wat die liedjie sing en die boodskap oordra dat ek nou bewus is van my foute en dit duidelik sien.  Dat dit vir my nou belnagrik is om ’n goeie tyd saam met haar te hê,” sluit Nathan af.

Kyk die musiekvideo hier: 

Die album, Here’s to the now, vernoem na die titel-snit, spog met twaalf oorspronklike snitte en is nou beskikbaar op alle digitale platforms hier. 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.