Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Reggie Peace se nuwe liedjie ‘draai nie doekies om; sê dit soos dit is’

Redaksiespan26 Julie 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

“Wanneer jy voel om op te gee, herinner net jouself en sommer iemand naby jou: ek kan enigeiets wees… jy ook,” gesels Reggie Peace oor sy nuwe enkelsnit Ek kan. Jy kan, wat onlangs vrygestel is. 

Dié veelsydige vermaaklikheidster Reggie Peace oftewel Reginald Hufkie se splinternuwe liedjie praat reguit. Daar is nie doekies omdraai nie. Dié gewilde Suid-Afrikaanse akteur, musikant, draaiboek- en liedjieskrywer wat al sedert 2011 in die vermaakbedryf werk ken die moeilike kant van die lewe en wil deur middel van sy musiek mense aanspoor om hulself daagliks daaraan te herinner dat hulle enigeiets kan bereik wat hulle wil.

Reginald het in Schauderville, Port Elizabeth, grootgeword. As tiener het hy albei sy ouers verloor aan Tuberkulose en hy en sy broers is in die sorg van ’n kinderhuis geplaas.

“Toe ek grootgeword het was daar vir my gesê ek gaan nêrens kom in die lewe nie… dat ek nie goed genoeg is nie.  As gevolg van amper elke dag se verbale aftakeling as ’n klein seuntjie het ek nogsteeds myself in 2018 (meer as 15 jaar nadat dit gebeur het) op ’n plek gevind waar ek gesukkel het met dieselfde stem in my kop,” sê Reggie.

“Ek het toe besluit om hierdie liedjie Ek kan. Jy kan.  Te skryf om my brein aan ’n nuwe dialoog voor te stel. In plaas daarvan om die heeltyd te hoor dat ek nêrens gaan kom nie sê ek nou vir myself – ek kan, ek kan enigeiets wees wat ek wil wees,” gaan hy glimlaggend voort.

Reggie sê hy herinner homself nie net nie, maar sy hart gaan ook uit na al die jong mense in Suid-Afrika wat onder die valse indrukke gebring word om te glo dat hulle niks kan bereik nie en dat hulle nie goed genoeg is nie.  “Champ, ek sê vir jou… JY KAN!” roep hy oortuigend uit!

In die tweede vers van die liedjie praat hy veral met jong mans in hulle vroeë twintigs wat voel asof die hele wêreld se gewig op hulle skouers rus.  Hierdie is ’n baie moeilike fase want dit is ’n oorgangsfase na die volwasse wêreld, maar volgens Reggie is dit ook spesifiek hierdie fase waarin baie jong mense opgee op hulle drome.

“Wanneer jy voel om op te gee, herinner net jouself en sommer iemand naby jou: ek kan enigeiets wees… jy ook!,” sluit hy af.

Die liedjie is vervaardig deur die blinde musiekvervaardiger van Johannesburg, DJ Darkness (Calvin Botha) wat tot dusver al Reggie Peace se musiek vervaardig het.

Reggie het al heelwat oorspronklike enkelsnitte vrygestel, waaronder; Frequency, Do It – Peacemaker, Hoekom?, Kos Op Die Tafel (KODT), All That Matters, Better, MOVE en heel onlangs ook In Die Vlei, die temalied van Arendsvlei.

Hy het in 2019 amptelik begin naam maak met prominente rolle in die Silwerskermbekroonde kortfilm, Cowboy Dan (2018), Generations: The Legacy (Luke), Die Spreeus en Huis Lelieveld (Spanner).

Hierdie rustige en nederige mens is altyd oop vir mense en hulle stories en wil graag jongmense inspireer. Hy lewer ook graag motivering praatjies en put baie van sy inspirasie uit persoonlike ervarings.

  • Reggie Peace se liedjie is nou op alle digitale musiekplatforms beskikbaar. 
  • Volg hom op Facebook of Instagram om ophoogte te bly van sy loopbaan.
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.