Dirk van der Westhuizen vier 30 met ’n nuwe stoute enkelsnit

FOTO: Verskaf

As jy vir Dirk van der Westhuizen sou pols oor hoe hy sy 30ste lewensjaar sou opsom, sou hy dit eenvoudig hou: “Dirty 30’s”..

Dis egter deesdae nie net dié Afrikaanse ster se leuse nie, maar gee ook betekenis aan die struikelblokke en seëvieringe van sy lewe en loopbaan sover. 

Dirk het al verskeie kere onder kuberboelies deur geloop en dis iets wat hy as publieke figuur mee moes reken. Met sy nuutste album laat hy al die negatiewe dinge agter en kyk al die pad voorentoe. 

In sy 30’s begin sy splinternuwe hoofstuk in sy lewe en musiek…  Hy het onlangs ’n platekontrak met Select Musiek en Sony Music Suid-Afrika gesluit en dis ook deur dié maatskappy wat sy nuutste album in September vanjaar vrygestel gaan word, waarvan Dirty 30’s die eerste “instant gratification track” op die album is. 

“Luisteraars kan die energieke klanke van Dirk met ’n kraakvars boodskap van aanvaarding, hoop en ’n goeie tyd kan geniet op die nuwe album,” het Hendrik Spangenberg, bemarkingspesialis vir Select Musiek gesê. 

“Mens word immers nie 30 sonder braaivleis, braaibroodjies en tequila nie,” terg Dirk. 

  • Dirty 30’s is nou op alle digitale musiekplatforms soos Apple Music, Spotify, Deezer en JOOX beskikbaar.