Pieter Marcato deel sy ‘tips’ vir pa’s!

Pieter saam met sy vrou Karin en hul dogtertjie Amila. FOTO: Verskaf

Dit was onlangs Vadersdag en in die lig hiervan het Fanie Nel, die redakteur van Afrikaanse Musieknuus, gaan aanklop by Pieter Marcato vir tips vir nuwe pappas. 

Wat is die eending wat jy altyd byderhand moet hê wanneer met ’n baba gereis word? 

Haar dummy. 😁

Watter baba-truuks het jy vir wanneer baba Amila nie aan die slaap wil raak? 

Ollie the owl – dis ’n uil wat slaap musiek speel – werk soos ’n bom.

As jy ’n liedjie vir baba Amila kon skryf, wat sou die titel daarvan wees? 

My mooiste sal die liedjie se naam wees.

Watter goeie raad het jy vir nuwe pappas? 

Wees geduldig en luister vir jou vrou – hehehe.

Watter les het jy by jou eie pa geleer wat jy self as pa toepas? 

Om geduldig te wees.

Is jy ’n pa? Deel jóú baba-truuks met ons op Facebook, Twitter of Instagram deur gebruik te maak van die hutsmerk #TipsVirPas.