Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

DHF se album bekendstelling vasgevang in musiekvideo

Redaksiespan25 Junie 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Toe Die Heuwels Fantasties hul nuwe album 2021 met ’n aanlyn show op 30 Mei bekend gestel het, het hul aanhangers niks minder van hierdie innoverende groep verwag as die wow-faktor nie. 

LEES OOK: Die Heuwels Fantasties se nuwe album is hier

Die moeite, ligte, kameras, klank en selfs die verrassende verskynings van die gaskunstenaars is iets wat deur industrie kenners as “next level” gesien is. Pierre Greeff sê: “Ons het weke daaraan gewerk om ’n produksie van hierdie skaal te launch. Die lockdown beperkinge was geen verskoning om die show nie ordentlik te doen nie. Ek is baie bly dat ons vriende Arno Carstens, Francois van Coke , Tarryn Lamb en Jack Parow ook daar kon wees om hul songs op die album saam met ons te kan perform. Daar was meer as 200 van die 1300 huishoudings in die gehoor saam met ons op die verhoog deur middel van die Zoom Room-feed wat ons op die skerms gesit het. Daar was selfs ’n verlowing. Ons vriend Griffin de Ru het sy meisie Hannah o Neill tydens die show gevra om te trou.  Hoe lekker is dit? Ons hou van romanse en het besluit om ons nuwe video Ek mis Jou saam met Tarryn Lamb, met daardie cool oomblik af te skop.”

Die video is saamgestel uit beelde van hierdie ongelooflike aanlyn konsert. Greeff sê dat dit een van hul gunsteling liedjies op die album is. “Die video is vir ons ’n great herinnering aan hierdie aand. Dit was amazing.”

Die liedjie is verlede jaar by Sunset Recording Studios opgeneem. Tarryn Lamb  sê dat sy nooit gedink het dat die boodskap soveel betekenis vir so baie mense op die oomblik sou hê nie. “Ek voel dankbaar om deel te kan wees van hierdie projek. Die Heuwels Fantasties is nie net super cool nie, hulle almal is True Gentlemen.”

Kyk die musiekvideo hier:

2021 het ’n DIY, doen jou eie ding, wees uniek, wees jouself, ons is almal een, bring jouself na die paartie- tipe aanslag.  Die titel 2021 is ’n projeksie van hoop, dat die lewe weer volgende jaar makliker sal kan voortgaan.

  • Die album is nou op alle digitale musiekplatforms beskikbaar. Klik hier om dit te kry. 
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.