Leandra dra liedjie aan oorlede pa op

FOTO: Verskaf

Leandra Foster se pa is verledejaar in November oorlede en dié sangeres het toe besluit om ’n liedjie aan haar pa, wat nie hier is vir Vadersdag, op te dra.

Free, uit Leandra se eie pen, verwoord haar gevoelens die dag toe sy afskeid moes neem van haar pa. “Die liedjie stel die wat agter bly gerus dat die persoon nou vlerke gekry het en soos engele vry is,” vertel Leandra. 

Leandra beskryf die genre as kontemporêre Christilike musiek.

Leandra is ’n sangeres en aanbieder en woon reeds vir agt jaar in die Suide van Johannesburg in Alberton. Vir sewe jaar het sy korporatiewe werk gedoen en daarna voltydse bediening aangepak.

Sy is getroud en spog met twee pragtige dogtertjies. Tydens die gendeltyd het sy haar vleke begin sprei en musiek begin maak. 

Free is nou op digitale musiekplatforms beskikbaar.