Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Gerduan Kemp se nuwe enkelsnit moedig ‘dromers’ aan

Redaksiespan20 Junie 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Gerduan Kemp is ’n Bloemfonteinse sanger en liedjieskrywer wat besig is om sy kleintyddrome te verwesenlik. Vandat hy kan onthou, geniet hy sing en optree. In sy finale jaar van studies het hy besluit om die musiekwêreld voltyds te betree. Hy beskryf homself as iemand wat mal is oor diep lirieke wat goeie stories vertel.

In 2019 het hy sy debuutenkselsnit Vergewe my as ek met gepaardgaande musiekvideo vrygestel, en kort daarna ook Slapelose Nag. Die sukses wat hy veral met sy debuutsnit bereik het, het hom die bevestigting gegee dat hy op die regte spoor is. Dié onafhanklike kunstenaar stel nou sy derde enkelsnit, Dagbreekdrome, bekend. Dagbreekdrome is geskryf deur Gerduan en Peter Cleff en is ’n inspirerende pop/rock liedjie. 

Die storie agter hierdie lied is dat mens geneig is om jou eie drome te verdruk weens mense se opinies. “Ek het in my jonger dae nie my droom gevolg om te sing nie as gevolg van ander se opinie dat ek dit nie sou kon doen nie en eerder ’n regte werk moet kry,” vertel Gerduan. Danksy inspirasie wat hy gekry het by ander mense wat juis hulle drome nagejaag en bereik het, verklaar hy in die lied dat ons moet leer om te droom met ons oë oop! 

“Die musiekvideo is relevant tot die huidige omstandighede met die inperking omdat ons onsself soms inperk teenoor iets waaroor ons passievol is, omdat ons bang is vir wat mense gaan dink.” Dit beeld die skryf- en opneemproses uit van hierdie lied sowel as die stagnering wat soms ervaar word wanneer dit kom by die waarmaking van ons drome. 

Kyk die musiekvideo hier:

Gerduan se musiek kan as pop/rock beskryf word met ’n sterk klank van elektriese kitare en dromme. “Ek skryf gewoonlik die liedjies met ’n akoestiese kitaar of met ’n klavier, maar inkorporeer die elektriese kitaar en dromme sodra ons met die opname proses begin. Dit bied dan die perfekte balans tussen pop en rock.” Hy put inspirasie uit Elandré as kunstenaar, nie net omdat dit die styl van musiek is wat hy graag wil sing nie, maar oor sy manier van liedjies skryf en stories vertel op die wyse dat almal daarmee kan assosieer. 

Die sukses wat Gerduan tot dusver behaal het, kan toegeskryf word aan sy musiekstyl en sy liefde vir stories. “Ek het besef dat almal se lewens verskil en daarom verskil almal se stories. Ek wil graag mense se harte aanraak met my musiek deur oor onderwerpe te sing waarmee mense kan assosieer en sodoende hulle eie lewensverhale in my musiek te kan vind.” Sy werk bied ’n goeie middellyn tussen die voorkeur vir diep lirieke, maar ook die musikale kant van musiek. 

Alhoewel hy nog altyd daaroor gedroom het om ’n sanger te wees, het sy liefde vir musiek toegeneem deur sy sanglesse op skool en sy optredes. Hy het drie jaar gelede begin om ’n paar liedjies te cover en dit op YouTube te laai. Die reaksie en terugvoer was baie goed en op dié wyse het hy besef dat daar tog vir hom ’n toekoms as musikant wink. 

Gerduan het in graad 3 basiese kitaarlesse begin neem en in graad 6 dromlesse. In sy matriekjaar het hy homself leer klavier speel, en hy beskou klavier tans as sy hoofinstrument. Hy het reeds tydens sy hoërskooljare begin oplees en ervaring begin kry in die opneem van musiek en video’s. “Daarom is ek baie trots om te sê dat my eerste twee enkelsnitte nie net uit my eie pen kom nie, maar ook opgeneem is in my eie studio en dat ek ook die musiekvideo’s vir hierdie twee liedjies self vervaardig het.”

Die talentvolle sanger se kop, hande en talente staan vir niks terug nie. Te midde van sy eie fotografie- en videografiebesigheid waaraan hy ’n groot deel van sy dag spandeer, maak hy elke dag tyd om informeel musiek te maak. Gerduan se slagspreuk in die lewe is “Jack of all trades – Master them all” en met hierdie uitkyk het hy nog altyd gestreef om sy Godgegewe talente te verbeter en sy kennis daar rondom te verbreed. 

Sy musiek is beskikbaar op alle digitale platforms insluitend YouTube, Spotify, Itunes en JOOX.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.