Leandie Lombaard Bräsler skryf liedjie spesiaal vir haar pa

FOTO: Verskaf

Leandie Lombaard Bräsler se splinternuwe enkelsnit is Vrydag, 19 Junie vrygestel en is spesiaal vir haar pa geskryf.

Man soos Pa se lirieke en melodie kom letterlik uit die diepte van Leandie se hart.  In hierdie lied kan sy haar gevoelens soveel meer uitdruk as net woorde.

“My pa is my grootste rolmodel. Ons deel ’n liefde vir musiek en het selfs al liedjies saam geskryf,” vertel die sangeres.

Vandat sy 12 jaar oud was het sy en haar pa saam getoer van die een vertoning na die volgende. Hy het haar altyd ondersteun.

Hierdie lied is om dankie te sê aan Leandie se pa en om ander vaderfigure daarbuite te bemagtig. Pa’s speel ’n groot rol in kinders se lewens.

Leandie het ook beslis nog altyd gebid vir ’n man soos haar pa en sy kon nie vir iemand vra wat meer soos hy is nie. Dit was vir haar ’n groot hartsbegeerte.

Sy hoop hierdie lied roer ander se hartsnare soos wat dit hare doen.

Kyk die liriekvideo hier: