V.l.n.r: Waldemar Behr, Ernst Nieuwoudt, Clemond Dartnall, Reinard Kruger. FOTO: NDW Photography
Ons het gaan inloer by die manne van Wit Kasteel en gaan uitvind wie nou eintlik wie is.
LEES OOK: Wit Kasteel bly ‘toegewyd’ aan hul droom met nuwe enkelsnit
Wie kook die lekkerste?
Reinard is verseker die beter kok tussen ons. Toe ons saam gebly het in 2016 was Reinard se kos maak aande altyd iets waarna ons almal uit gesien het.
Wie is die slaapkous?
Waldemar is die slaapkous, dit vat hom gewoonlik so twee ure om ordentlik wakker te word in die oggende.
Wie is die grapjas?
Reinard is altyd eerste met ’n lekker droë humor grappie.
Wie is die stoute een?
Van skool dae af is Clemond altyd die stout een gewees, hy is wel rustiger vandat sy seuntjie gebore is, maar hy het nog sy oomblikke van tyd tot tyd.
Wie is die boekwurm?
Ernst kan altyd gevind word met ’n boek, dit is nou wel “comic” boeke maar boeke nietemin.
Wie gesels die meeste?
As mens vir Ernst ’n kans gee sal hy begin praat, en praat, en praat en praat…
Wie kan nie sonder hul foon?
Niemand van ons sal ’n probleem hê om sonder ’n foon te wees nie.
Wie is die stylikoon?
Clemond het verseker bietjie meer styl as die res van ons.
Wie is die perfeksionis?
Clemond en Waldemar is baie krities en erg oor hulle werk.
Wie kan nie sonder koffie?
Clemond en Reinard is die groot koffie liefhebbers in die band.
Wie het die meeste troeteldiere?
Clemond is die enigste een van ons met troeteldiere. Hy het ’n pitbull, Romeo en ’n Jack Russel, Coco.
Wie sal nie kan oorleef sonder WiFi?
Almal van ons sal nie kan oorleef nie.
Wie braai die lekkerste?
Wens ons kon sê een van ons, maar verseker ons huismaat van 2016, ons akteursvriend Neil Sharim!
Wie het die grootste fobie?
Clemond het ’n groot fobie vir narre en haaie al van kleins af.
Wie oordink als die meeste?
Dit sal verseker Clemond wees!