FOTO: Verskaf
Toe Elisabeth-Sue en haar goeie vriendin Anzet Coetzee jare terug op Stellenbosch besluit het om net die kitaar op te tel, te speel en musiek te maak het hul nooit geraai, dat dié “jam”-sessie eendag Elisabeth-Sue se eerste enkelsnit Identiteit sou oplewer.
Dié liedjie gaan oor die reis van self ontdekking en aanvaarding. Dit vat jou op ’n persoonlike reis deur al jou lewens beproewings en ervarings. Dit bring weer hoop dat jy na elke donker tydperk van jou lewe weer kan opstaan en voorentoe beweeg.
Kyk die musiekvideo hier:
“As gevolg van my persoonlike moeilike tye besluit ek toe om jare later die liedjie klaar te skryf, op te neem en vry te stel met die hoop dat Identiteit iemand se lewe kan verander,” vertel Elisabeth-Sue.
“Dit is baie moeilik om met min geld en goeie toerusting ordentlike produksies in die musiek industrie daarbuite te sit. Ek ontvang toe die geleentheid om met ongelooflike musiek vriende te begin werk wat vir my gehelp het en tou wys gemaak het hoe om ’n liedjie op te neem en het ek dadelik geweet dat Identiteit eerste op my lysie was. Die liedjie dra ’n baie mooi boodskap wat ek graag met die publiek wou deel en sal dit verewig my herinnering wees van waar ek as musikant begin het en my elke keer wanneer ek die liedjie hoor weer motiveer om net nog harder te werk en myself as kunstenaar te ontwikkel.”
Elisabeth-Sue sê dat mense wat al deur verskeie struikelblokk moes beweeg sal beslis by dié liedjie kan identifiseer. “My hoop is dat die publiek na die liedjie sal luister en die emosie agter die lirieke en melodie sal aanvoel. Dat die woorde hulle sal inspireer om elke dag op te staan met ’n dankbare hart maak nie saak hoe moeilik dit is nie,” verduidelik sy.
Elisabeth-Sue is ’n sangeres van Belville in die hartjie van die Wes-Kaap. Die eerste keer wat sy professioneel die verhoog betree het was in 2013. Dit was toe sy en haar vorige band “Die Awehwolfies” aan “Battle of the bands” deelgeneem het. “Tot ons grootste verrassing wen ons toe met ’n liedjie wat ek self geskryf het. Ek is dus nou al vir 7 jaar betrokke in die musiekbedryf.”
Sy put gereeld inspirasie uit kunstenaars soos Riana Nel, Refentse, Francois van Coke en vele meer. Sy beskryf haar stem as “Brandi Carlile” meets Karen Zoid.
Vir nou wil dié sangeres soveel as moontlik kennis opbou as wat sy kan…