Nathan Smith beantwoord ons 20 blitsvrae

FOTO: Verskaf

Het jy geweet dat Nathan Smith graag na Nederland reis? Of dat sy eerste motor ’n klassieke Volkswagen kewer was? Ons het 20 blitsvrae aan dié musikant gestel…

LEES OOK: Bekroonde musikant reik twee enkelsnitte uit; album op pad

Beskryf jouself in drie woorde. 

Calm, collected en happy.

Wat krap jou vinnig om? 

As iemand verkeerd is en maak asof dit jou fout is.

Wat maak jou gelukkig? 

Om musiek te maak.

Wat is jou gunsteling plek in die wêreld om na te reis? 

Nederland.

Gunsteling fliek? 

Lord of the rings.

Gunsteling TV-reeks? 

The Blacklist.

Gunsteling drankie? 

Single malt whiskey.

Gunsteling kleur? 

Groen

Gunsteling kos? 

Braaivleis.

Gunsteling musiek? 

Enige iets wat goed gedoen is met mening, dit voel beter as daar ’n sitar in die “mix” is.

Wat wou jy word toe jy klein was? 

’n Musikant.

Hoe ontspan jy? 

Tyd met my familie te spandeer en visvang. 

Wat is die eending waarsonder jy nie kan lewe nie? 

Koffie.

Saam wie sal jy eendag op ’n eiland gestrand wil wees? 

Haha! Nog nie daaraan gedink nie… mmm… kan aan niemand dink nie, want ek wil nie gestrand wees nie, en ek is saam met die mense waarvoor ek lief is.

Wat is die beste geskenk wat jy al gekry het? 

My eerste kar, dit was ’n VW Beatle. 

Wat is die slimste besluit wat jy al gemaak het? 

Om met my vrou te trou.

Wat is die beste raad wat jy al gekry het? 

Raad van my pa: Om elke dag op te staan en tyd met die Here te spandeer.

CD wat tans in jou motor speel? 

Chris Rea Greatest hits collection

Watter boek lees jy tans? 

Niks nie.

Gunsteling emoji? 

👌