Vyf vrae vir One Voice

FOTO: Liam Enslin

Die dames van One Voice het ons vinnige vyf vrae beantwoord. 

Vertel ons meer van julle nuwe enkelsnit.

Dit is ’n goed-voel liedjie wat gaan oor wanneer musiek jou oorneem en jy voel asof jy enige iets kan doen. Mense wat van dans hou sal mal wees oor die liedjie.

Wat is die waardevolste les wat inperking julle geleer het?

Hierdie tydperk het ons geleer om werklik dankbaar te wees vir dit wat ons het. 

Watter boodskap wil julle oordra met julle musiek?

Ons wil graag ’n positiewe boodskap oordra en ook hê dat mense geluk in ons musiek moet vind.

Som dié groep in ’n neutedop op.

Daar’s ’n bietjie iets van alles. Ons het almal sterk persoonlikhede en ons almal bring iets anders na die groep toe.

Watter toekomsdrome het julle?

Ons droom is om eendag te kan sê dat ons het ons alles gegee en ’n sukses gemaak van One Voice.