FOTO: Pink Flower Productions
Christiaan Baartman se splinternuwe enkelsnit, My Vrou, is onlangs aan radiostasies landwyd vrygestel en nou volg die hoendervleis-mooi musiekvideo van dié hartroerende liefdes-liedjie wat ’n blik gee op die troudag vanuit ’n man se perspektief. Die lied en video is ’n verklaring van ’n man se liefde aan sy vrou en dat hy altyd daar sal wees. “It takes two to tango en met My Vrou hoop ek om die spesiale dag te help vorm in albei se oë,” sê Christiaan wat hierdie pragtige lied saam met Jattie de Beer geskryf het.
LEES OOK: Gesoute sanger reik hartroerende enkelsnit uit!
My Vrou se musiekvideo sluit nou aan by die liedjie se tema en vang die opwinding en glans van die groot dag vas. “Ons het ’n ongelooflike span gehad wat saamgewerk het om lewe te gee aan hierdie video – Imperfect Perfection, Pink Flower Productions, Beautiful Change en Captivating Mobile Hair and Makeup. Dit was ’n ongelooflike ondervinding en ek is so opgewonde om die resultaat nou met almal te kan deel!,” gaan hy voort.
Die liedjie praat vir diegene wat nie weet hoe om hulle gevoelens oor te dra nie en dien as spreekbuis vir mans wat sukkel om te sê hoe hulle voel.
Kyk die video hier:
Christiaan is al byna vir twee dekades in die musiekbedryf doenig en het sy eerste album in 2007 uitgereik toe hy twee-en-twintig was. In 2009 het hy ’n Huisgenoot Tempo-toekenning gewen vir Liedjieskrywer van die Jaar en sedertdien het hy twaalf nommer een-liedjies geskryf, waarvan sewe op sy tweede album – Huppel In My Stap (2012) – verskyn het. Hierdie veelsydige ster, het ook in 2016 ’n Ghoema-toekenning gewen, ‘n kinderalbum saam met die SAMA-bekroonde musikant, Leon Jonkman vervaardig, die finale rondte op Idols SA in 2006 berei, vir Smokie in 2012 geopen en by Huisgenoot Skouspel opgetree in 2007.
LEES OOK: Christiaan Baartman beantwoord 20 blitsvrae
Verder het hy saam met Johnny Late opgetree as die Bearded Man Band en put hy baie van sy inspirasie uit die lewe self. Voor Covid-19 het hy gereeld gereis om op hoogte te bly van die nuutste musiektendense en een van sy gunsteling-bestemmings is beslis Nashville, waar hy byna elke jaar ‘n draai gaan maak het tot op datum, behalwe vir hierdie jaar.
Dié talentvolle musikant glo daaraan om musiek met betekenis te maak.
My Vrou is nou is aanlyn beskikbaar.