Henri Alant se verjaardag geskenk, toe al die tyd ’n treffer

FOTO: Verskaf

Toe Henri Alant ’n liedjie van die gesoute liedjieskrywer Rudi Claase as verjaardag geskenk ontvang het, het hy nooit in sy wildste drome gedink die eindproduk sou só ’n wegholsukses wees nie..

Jennifer Zamudio wou nog altyd saam met Henri werk, mits hy die perfekte liedjie vind. Hy het dié sangeres gekontak met die liedjie Daar’s ’n Rede en Jennifer was dadelik mal oor die snit. “Ons stemme komplimenteer mekaar perfek op die liedjie en dit klink asof dit nog altyd bestem was as ’n duet,” vertel Henri. 

Die liedjie is onlangs vrygestel en het ‘’n polsende dans ritme wat beloof om jou op die dansbaan te laat boer terwyl jy woord vir woord saamsing. 

Luister hier na ’n voorskou:

“Die liedjie sal beslis aanklank vind by jonk en oud,” sê Jennifer op haar beurt. 

Daar’s ’n Rede is ook gewild op verskeie radiostasies se trefferparades en het vandeesweek koning gekraai op Pretoria FM se top-10.