Christiaan Baartman beantwoord 20 blitsvrae

FOTO: Pink Flower Productions

Van rooiwyn tot ’n ‘sanger mens’. Christiaan Baartman beantwoord ons twintig blitsvrae. 

LEES OOK: Gesoute sanger reik hartroerende nuwe enkelsnit uit!

Beskryf jouself in drie woorde.

Ek is musiek.

Wat krap jou vinnig om? 

Lockdown sonder rooiwyn.

Wat maak jou gelukkig? 

Musiek en mense.

Wat is jou gunsteling plek in die wêreld om na te reis? Nashville.

Gunsteling fliek? 

Across the universe – ’n film geskryf op die maat van die Beatles se musiek.

Gunsteling TV-reeks? 

Friends.

Gunsteling drankie?

Dis tussen rooiwyn, koffie en water.

Gunsteling kleur? 

Oranje.

Gunsteling kos? 

Braaivleis.

Gunsteling musiek? 

Watookal ek luister… ek is net mal oor musiek. 

Wat wou jy word toe jy klein was? 

 ’n Musikant – of altans “’n sanger mens mamma”.

Hoe ontspan jy? 

Ek maak musiek met my mense.

Wat is die eending waarsonder jy nie kan lewe nie? Musiek (en miskien koffie).

Saam wie sal jy eendag op ’n eiland gestrand wil wees? 

Jacob Collier – seker die mees musikale mens wat ek al raakgeloop het.

Wat is die beste geskenk wat jy al gekry het? 

My heel eerste kitaar (dankie ma en pa).

Wat is die slimste besluit wat jy al gemaak het? 

Om op te hou rook.

Wat is die beste raad wat jy al gekry het? 

Hou op dink en doen dit net.

CD wat tans in jou motor speel? 

Joshua na die Rëen se Die wêreld binne my.

Watter boek lees jy tans? 

12 rules of life – Jordan Peterson.

Gunsteling emoji? 

🕺 – when in doubt – dance