Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Emma Ellis wil musiekliefhebbers bemoedig met haar musiek

Redaksiespan23 Mei 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Emma Ellis blaas gereeld gehore weg met haar ongelooflike stem en die diepte in haar vertonings. Nou spog dié voormalige The Voice-deelnemer ook met ’n splinternuwe enkelsnit wat sy haar eie gemaak het. 

“Ek het besluit om Mooi van Elvis Blue op te neem want persoonlik is dit een van my gunsteling liedjies met ’n positiewe boodskap – iets wat ons almal nou nodig het in dié tyd wat die COVID- 19 soos ’n sluipmoordenaar in die nag ons lewens kom omdolwe het,” het Emma gesê. 

Emma se verwerking van Mooi het vir dié treffer ’n nuwe, vars baadjie aangetrek. 

“Ek wil graag met dié liedjie weer aan mense beklemtoon hoeveel ons het om voor dankbaar te wees – maak nie saak in watter posisie jy is nie, jy is altyd beter af as iemand anders,” het sy vertel. 

“Ek sou ook graag ’n musiekvideo vir Mooi wou doen, maar dis nie nou moontlik nie,” het sy gesê. 

Musiekliefhebbers het Emma op The Voice leer ken nadat Karen Zoid hand opgesteek het om haar mentor te wees. Dit was ’n oomblik wat niemand sal vergeet nie – Emma was so oorstelp nadat Karen omgedraai het, dat sy die woorde van haar liedjie vergeet het. Karen het geen uitnodiging nodig gehad nie – sy het dadelik op die verhoog gegaan om Emma by te staan en al die mentors (wat op daardie stadium Bobby van Jaarsveld, Lira en Kahn Morbee was) het omgedraai om Emma se mentors te wees. 

Behalwe vir haar deelname aan The Voice is daar verskeie hoogtepunte in haar loopbaan waaraan sy kan terugdink. 

“Ek het ’n verhoog met Karen Zoid by die Atterburty Teater gedeel en was bevoorreg om drie van my eie liedjies, én Mooi, by die Van Coke-ateljees op te neem” het sy vertel. 

Emma is tans besig met Maak My Famous en het ook die Top 48 gehaal. Dié nuwe seisoen van Maak My Famous het pas (Woensdag, 29 April) weer op kykNET afgeskop. 

Kyk hier hoe sing sy Mooi tydens ’n episode van Maak My Famous:

“My grootste inspirasie vir die musiek wat ek skryf is om mense te bemoedig en ek wil hê my musiek moet hulle laat besef hulle is nié alleen is moeilik tye nié. En die belangrikste – dit raak altyd beter,” het Emma gesê. 

’n Liriekvideo vir Emma se weergawe van Mooi is ook nou op YouTube te sien. 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.