Verona antwoord ons 20 blitsvrae

FOTO: Verskaf

Het jy geweet Verona kan nie sonder haar foon? Of dat dié sangeres graag Peter Pan kyk? Ons het 20 blitsvrae aan Verona gestel. 

LEES OOK: Verona deel haar hart met nuwe liefdesballade 

  1. Beskryf jouself in drie woorde. 

Mensliewend, dromer, perfeksionis.

  1. Wat krap jou vinnig om? 

Onregverdigheid.

  1. Wat maak jou gelukkig? 

My hartsmense.

  1. Wat is jou gunsteling plek in die wêreld om na te reis? 

Ons plaas in Limpopo.

  1. Gunsteling fliek? 

Peter Pan.

  1. Gunsteling TV-reeks? 

Stranger Things.

  1. Gunsteling drankie? 

Wimpy se white hot chocolate (maar hulle maak dit nie meer nie). 

  1. Gunsteling kleur? 

Pastel pienk.

  1. Gunsteling kos? 

Tel Lindt se dark chocolate mint slab as kos?

  1. Gunsteling musiek? 

Films se klankbane.

  1. Wat wou jy word toe jy klein was? 

’n Singende veearts.

  1. Hoe ontspan jy? 

Met ’n koppie koffie op my bank terwyl ek Friends of The Big Bang Theory kyk.

  1. Wat is die eending waarsonder jy nie kan lewe nie? 

My foon.

  1. Saam wie sal jy eendag op ’n eiland gestrand wil wees? 

My pa – hy het altyd ’n uitweg en ’n plan om dinge beter te maak.

  1. Wat is die beste geskenk wat jy al gekry het? 

My eerste kar (dit het my vlerke gegee).

  1. Wat is die slimste besluit wat jy al gemaak het? 

Om van graad kursus te verander. Ek het van BSc Biologiese Wetenskappe na BA Taalpraktyk en Kommunikasiekunde verander.

  1. Wat is die beste raad wat jy al gekry het? 

Moenie dadelik reageer wanneer jy ontsteld is oor iets nie.

  1. CD wat tans in jou motor speel? 

Ek het Elevation Church se The Blessing op herhaal.

  1. Watter boek lees jy tans? 

Fees van die ongenooides en Mister God, This is Anna gelyktydig.

  1. Gunsteling emoji? 

Die huil-soos-jy-lag-gesiggie… 🤣