FOTO: ebengroenewald.com
Die akteur Eben Groenewald wil die gemoedere lig en het onlangs ’n skreeusnaakse musiekvideo vir sy eerste enkelsnit, Help ’n Bra, uitgereik.
Dié musiekvideo is reeds deur meer as 74 000 mense gekyk en meer as 2000 keer gedeel op Facebook. “Ek het besluit om ’n ‘single’ en ’n ‘music video’ oor Lockdown te doen om vir mense bietjie hoop te bring deur komedie in die inperkingstyd,” het Eben gesê.
Eben is geen vreemdeling op die kassie en grootskerm. Hy het immers al rolle vertolk in Villa Rosa, Lien se Lankstaanskoene, Getroud met Rugby, Boland Moorde en is tans in die telenovela Arendsvlei op kykNET & kie (DStv-kanaal 145) te sien.
Musiek bruis lank reeds deur Eben se are en voor hy toneel begin speel het, het hy dromme gespeel vir Elvis Blue en Andriëtte Norman.
Help ’n Bra is nou beskikbaar op Apple Music, Spotify, Tik Tok, Instagram en verskeie ander musiekplatvorms.
Kyk die musiekvideo hier: