Held van Harte stel debuut-enkelsnit bekend

FOTO: Verskaf

Shaun van Niekerk en André Hurter, wat bekend staan as die groep, Held van Harte het pas hul debuut gemaak met hul eerste enkelsnit Die Lig.

Dié enkelsnit is geïnspireerd deur die melodiese rockgroepe van die 80’s en 90’s – van Def Leppard tot Nickelback. “Ons maak pop- en rockmusiek wat jou voete sal laat jeuk en jou lag-lag sal wil laat saam sing. Die lirieke bevat soms diep liefdesverhale met ’n bietjie flankeerdery daarin,” vertel Shaun. 

’n Liriekvideo vir die enkelsnit is ook onlangs bekendgestel. 

Kyk die video hier:

Shaun het groot geword in Ermelo en André is van Pretoria – die plek waar die “magic” gebeur – Montana Studios. Shaun is gebore vir die verhoog en het verskeie ervaring opgedoen as solo-kunstenaar en in musiekgroepe in Barnyard-vertonings. André is ’n musikale genie en kan verskeie instrumente bespeel. Hy is ook verantwoordelik vir meeste van die instrumente en produksies op die groep se liedjies. By vertonings sal jy hom gereeld agter die baskitaar, kitaar, dromme en agtergrondstem te sien kry. 

Held van Harte se eerste enkelsnit is nóú beskikbaar en hul sal beslis ná die inperking by verskeie musiekfeeste te sien en te hoor wees.