Go the Rodeo stel eerste Afrikaanse enkelsnit, video bekend

FOTO: Renier van Heerden – Mediafarm

Die Johannesburgse alternatiewe electro-rock trio, Go the Rodeo, het hul debuut Afrikaanse enkelsnit, Dowe Ore, met ’n musiekvideo wat aandag trek vandag vrygestel. 

Dit beklemtoon die verwoesting wat renoster stroping en onwettige wildhandel in Suid-Afrika saai. Dié kwellende uitbeeldings voorsien ’n weldeurdagte agtergrond vir ’n ware Suid Afrikaanse meesterstuk.

“Die idee was om afstand te neem van my ego, en ’n probleem te benader wat ons almal affekteer, veral as Suid Afrikaners. As ’n groep het ons nog altyd ’n sterk standpunt teen stroping gehad, en ons wou hierdie geleentheid aangryp om omgewingsbewustheid te versprei. Ek dink dat mense al hoe meer ongevoelig is teenoor stroping en ander omgewings probleme, daarom het ek besluit om rolle om te ruil, in die hoop dat mense beter daarmee kan resoneer,” het Corné van Niekerk, kitaarspeler en sanger in die groep, gesê.

Volgens Corné was dit ’n baie persoonlike proses om in Afrikaans te skryf en dit het tyd gevat om die lirieke te verfyn sodat dit nie te generies of afgesaag voor kom nie. “Baie mense sal nie Afrikaans verstaan nie, maar ek glo dat die musiekvideo ’n universiele boodskap het,” het hy gesê.

Kyk die musiekvideo hier:

Go the Rodeo het sy ontstaan aan die Weste van Johannesburg gemaak. Die lede in die groep is Robert Mitchley (baskitaar), Corné van Niekerk (sanger en kitaarspeler) en Craig Atkinson (dromme). 

Hulle klank is ’n mengsel van indie-rock, pop, en blues invloede, met elektroniese-elemente geïnspireerd deur groepe soos The Kills, Queens of the Stone Age, Twenty One Pilots, The Neighbourhood, The XX, Alt-J, Chet Faker, Enter Shikari, Bring me the Horizon, en Tame Impala.

Corné en Robert het dié duo gestig nadat hulle in verskeie musiekprojekte saam betrokke was. In 2017 het hulle met ’n nuwe klank na vore gekom, en Craig Atkinson, dromspeler vir die groep Bombs and Issues het hulle vergesel. Hulle het hul debuut-enkelsnit, Sea Dog, in Mei 2017 vrygestel, en dit vinnig opgevolg met verskeie ander enkelsnitte, insluitend Glass Walls, met gaskunstenaars, Our Last Night, en Never C Ur Face Again, met Warwick Rautenbach, kitaarspeler vir die Suid Afrikaanse rock duo Hellcats.

Hul debuutalbum Lekker Chilled is in Julie verlede jaar vrygestel.

’n Toer na Europa en die Verenigende Koninkryk saam met die Australiese-rockgroep Hands Like Houses is vir Junie 2020 beplan, maar as gevolg van die COVID-19 pandemie is die toer gekanselleer.

Dowe Ore is nou op alle digitale musiekplatvorms beskikbaar!